Gewyde Rus: 'n 5-Dag LeesplanVoorbeeld

Sacred Rest 5 Day Reading Plan

DAG 5 VAN 5

HERDEFINIEER RUS

My navorsing en waarnemings oor rus, het 'n gaping in ons definisie van rus onthul. Rus het sinoniem geraak met slaap of 'n staking van alle aktiwiteite. Wat as rus egter op sigself 'n noodsaaklike aktiwiteit is wat nodig is om na die tuin van ons lewens om te sien? Wat as rus die water is wat ons dorheid verfris? Wat as rus die bemesting is wat ons laat ontwaak na groei en grootheid? Wat as rus die hande van die tuinier is wat die onkruid uittrek wat dreig om ons skoonheid weg te steek?

Alle rus is nie eenvormig geskep nie. Baie van wat ons as rus ag, werk nie, omdat dit nie rustig is nie. Om ons aktiwiteite te skuif of die plek waar ons aktief is te verander, is net so min rustig as om daardie aktiwiteite by die huis te doen. Die mees effektiewe rus vind plaas wanneer ons doelbewus die dele van ons lewens laat herleef wat ons gereeld uitput. Enige sogenaamde rus wat nie hierdie doel bereik nie, is nie rus nie; dit skep slegs meer werk in jou reeds besige program.

Toe ek die eerste keer besef dat daar verskillende soorte rus is, het dié openbaring my aangegryp. Hoe kan rus ingewikkeld wees? Is rus nie veronderstel om eenvoudig te wees nie? As dit dan so eenvoudig is, waarom sukkel so baie van ons daarmee? En wanneer ons rus, hoekom voel ons dan nie uitgerus nie? Hierdie is die vrae wat my gelei het op die reis om dieper te kyk, om die versteekte geheime van die goed-uitgeruste te ontbloot en om daardie kennis te oordink, totdat ek ook spasie gevind het om asem te haal.

Deur net hierdie oordenking te lees, het jy fisieke, verstandelike, emosionele, geestelike, sosiale, sensoriese en kreatiewe energie verbruik. Elkeen kom uit 'n verskillende energiebron. Dis nodig dat elkeen herstel, ter voorbereiding vir die volgende keer wat dit nodig gaan wees. Jou liggaam benodig fisieke, verstandelike, emosionele, geestelike, sosiale, sensoriese en kreatiewe rus. As jy een hiervan uitlos, sal jy die nagevolge van die gevolglike tekort aan rus ondervind.

Watter soort moegheid ondervind jy?

As jy elke oggend vol energie wakker word en jou voete sleep teen die middag, mis jy moontlik genoegsame fisieke rus vir jou dag. As jy in die oggende moeg uit die bed klim en dan energiek begin raak soos die dag vorder, ondervind jy moontlik kreatiewe rusteloosheid. En as jy 'n algehele gebrek aan betekenis en vervulling ondervind, is 'n geestelike of emosionele tekort aan rus die moontlike oorsaak. Deur te verstaan watter tipe rus jy kortkom, is krities om hierdie wanbalans te herstel.
As jou beroep verstandelik uitputtend is, maar liggaamlik nie veeleisend is nie, gaan fisieke rus nie daarin slaag om jou uitgerus te laat voel nie. Verstandelike rus is nodig om jou verstandelike opgaartenk terug te bring na 'n gesonde vlak. As jy die grootste gedeelte van jou dag deurbring om na 'n helder rekenaarskerm te staar of aanhoudende geraas hoor, gaan jou liggaam sensoriese rus nodig hê om vernuwe te voel. As jou omstandighede veroorsaak dat jy probleme ondervind met geloof en die betekenis van die lewe, sal jou siel geestelike rus begeer om terug te keer na 'n plek van vredevolle tevredenheid. Vir elke dreinerende aktiwiteit in jou dag, is daar 'n ooreenstemmende, lewegewende aktiwiteit om die skaal te balanseer. 


Neem 'n oomblik om jou tekort aan rus te identifiseer. Voltooi die persoonlike tekort aan rus assessering wat jy hier sal vind. Dit is belangrik dat jy introspeksie doen oor jou huidige stand van sake. Deur dit te doen sal jy onmiddellik sien op watter tipes rus jy behoort te fokus en in watter tipes jy alreeds uitblink. [SKAKEL: http://www.RestQuiz.com]
 

Het jy hierdie leesplan geniet? Indien wel, klik hier om meer uit te vind oor die boek "Sacred Rest: Recover Your Life, Renew Your Energy, Restore Your Sanity" deur Dr. Saundra Dalton-Smith [SKAKEL:http://ichoosemybestlife.com/sacred-rest/

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Sacred Rest 5 Day Reading Plan

Hoe kan jy jou energie, geluk, kreatiwiteit, en verhoudings vars en gesond hou te midde van oneindige eise van jou gesin, loopbaandruk, en die stres van die alledaagse lewe? In hierdie 5-dag leesplan wat op haar boek Sacred Rest gebaseer is, gee dr. Saundra Dalton-Smith vir die vermoeide toestemming om rus te koester, grense te stel en toevlug te soek sonder enige skuldgevoel, skaamte of vrees.

More

Ons wil graag vir Dr. Saundra Dalton-Smith en "Hachette Book" Groep bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.hachettebookgroup.com/titles/saundra-dalton-smith/sacred-rest/9781478921660/