JakobusVoorbeeld

Jakobus

DAG 5 VAN 27

Lees: Jakobus 1:16-18

SOAP: Jakobus 1:16-18

Jakobus kontrasteer die worsteling van die versoekings wat ons ervaar met die realiteit van God se goedheid. Ons God is goed, regverdig, heilig en geregtig. Hy is diep barmhartig, perfek liefdevol en oneindig getrou. Daar is geen groter opoffering as die kosbare prys wat Hy vir ons betaal het deur Sy Seun Jesus nie. Hy het ons Sy liefde gegee toe ons niks gehad het om aan Hom te offer nie. Wanneer ons twyfel dat God en alles wat Hy bied goed is, sal ons Hom nie wil gehoorsaam en dien nie. Gelowiges moet toelaat dat God se waarheid in Sy Woord ons realiteit definieër. 

In watter area van jou lewe mag jy dalk God se goedheid en getrouheid bevraagteken as gevolg van jou onvervulde verwagtinge? God is getrou aan sy verbintenis tot 'n gelowige se geestelike groei, en Hy tree getrou in ooreenstemming met Sy karakter en beloftes op. Met wie deel jy vandag God se goedheid, genade en barmhartigheid? 

Vader God, ek dank U dat elke goeie en perfekte geskenk van U af kom. Ek dank U vir U bestendige, volgehoue en onveranderende teenwoordigeid in my lewe. Herinner my daagliks dat U altyd teenwoordig is en in my lewe werk, ongeag van hoe ek voel of hoe dinge lyk. Dankie dat U my sien wanneer ek op my slegste is, en dat U vir my U beste gee. In Jesus se naam. Amen. 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More

Ons wil graag Love God Greatly bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com