Gehoorsaam God se WeëVoorbeeld

Obey God's Way

DAG 2 VAN 8

Ek gehoorsaam wat my ouers sê.

Baie kinders is gehoorsaam wanneer hul ouers of leiers toekyk, maar is jy 'n kind wat gehoorsaam is wanneer niemand kyk nie? Dink vir 'n oomblik hieroor: kan jy vertrou word om wat jou ouers en leiers sê te gehoorsaam wanneer hulle nie eens daarvan sal uitvind nie? As jy kan, dan het jy integriteit. Elke keer as jy gehoorsaam is, wys jy vir ander dat jy aan God behoort. Speel die Bybelvers verband-speletjie om jou te help om Efesiërs 6:1 te onthou.

Bybelvers Verband
1. Vra of jy 'n paar taai verbande en 'n pen kan gebruik.
2. Skryf die hele Efesiërs 6:1 op 'n taai verband. As dit nie pas nie, gebruik twee.
3. Plak die taai verbande op jou.
4. Lees die vers elke keer as jy daarna kyk. 

Vertel vir iemand: Wat beteken integriteit?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Obey God's Way

Wanneer jy die woord "gehoorsaam" hoor, waaraan laat dit jou dink? Vind uit wat dit vir verskillende mense in die Bybel beteken het, en die groot dinge wat dit vir jou kan beteken! Vir Ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip en vrae van elke dag se leeswerk hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in wat gespeel kan word om die vers te help memoriseer. Miskien behoort jy toesig te hou oor die gebruik van die materiaal.

More

Ons wil graag vir LifeKids, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.life.church/kids