Gehoorsaam God se WeëVoorbeeld
Ek is gehoorsaam aan dit wat my ouers sê.
Waarom het Daniël, Sadrag, Mesag en Abednego nie die kos geëet wat die koning vir hulle aangebied het nie? Hulle ouers het hulle geleer om volgens God se voorskrifte te leef, maar die koning het God glad nie aanbid nie. As hulle die kos geëet het, sou dit wees asof hulle vir die koning sê hulle wil sy vriend wees en hulle stem saam met al die verkeerde keuses wat hy gemaak het. Al sou hulle hul ouers nooit weer sien nie, het Daniël, Sadrag, Mesag en Abednego gekies om gehoorsaam te wees aan dit wat hul ouers gesê het. Om te wys dat hulle aan God behoort, was vir hulle belangriker as om by almal anders in te pas deur die koning se kos te eet.
Vertel vir iemand: Sou jy so gehoorsaam kon wees soos Daniël, Sadrag, Mesag en Abednego was om te wys dat jy aan God behoort? Hoekom of hoekom nie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer jy die woord "gehoorsaam" hoor, waaraan laat dit jou dink? Vind uit wat dit vir verskillende mense in die Bybel beteken het, en die groot dinge wat dit vir jou kan beteken! Vir Ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip en vrae van elke dag se leeswerk hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in wat gespeel kan word om die vers te help memoriseer. Miskien behoort jy toesig te hou oor die gebruik van die materiaal.
More