Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 26 VAN 30

Sonde, lyding en heiligmaking is nie probleme van die verstand nie, maar feite van die lewe— verborgenhede wat alle ander vraagstukke wakker maak, totdat die hart in God rus vind. O, die onuitspreeklike vreugde om te weet dat God heers, dat Hy ons Vader is en dat die wolke net "die stof aan sy voete" is! 'n Godsdienstige lewe is gebaseer en gebou en bereik uiteindelik volwassenheid deur fundamentele, volslae vertroue. Dit word deur Liefde omskep; die uitdruklike verklaring van daardie lewe kan slegs deur die toeskouer gemaak word, nooit deur die heilige nie.

Heer, hoe min voeding het ek aan die inwonende Christus in my gegee! Here, vergewe my. Vul my met genoeg begrip van u vergifnis, sodat ek my nie net in u verlossing kan verbly nie, maar dat ek met u Gees vervul sal wees vir die werk hier op aarde.

Oordenkingsvrae: Dryf die moeilikhede, onbillikhede en geheime van die lewe my om moed te verloor? Of oortuig dit my om die Een te vertrou wat my uitstuur om die boodskap te verkondig dat die Liefde uiteindelik sonde en lyding sal oorwin?

Aanhalings uit: "Christian Discipline and Knocking at God's Door", © Discovery House Uitgewers
Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. Soos hy jou met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid inspireer en uitdaag, sal jy vind dat jy meer tyd wil afstaan om met God te kommunikeer.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org