ROMEINE 11:36
ROMEINE 11:36 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het alles en almal gemaak, alles en almal kom van Hom, en alles en almal moet Hom dien. Daarom moet ons die Here altyd prys. Amen.
ROMEINE 11:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
ROMEINE 11:36 Die Boodskap (DB)
Van God af kom alles wat bestaan. Hy hou alles in stand. Alles is daar om sy Naam groot te maak. Vir altyd. Ja en amen!
ROMEINE 11:36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy is die bron van alles. Alles bestaan deur sy krag, en alles is op Hom gerig. Aan Hom behoort die heerlikheid vir altyd en altyd. Amen.
ROMEINE 11:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.