DIE OPENBARING 19:11,14
DIE OPENBARING 19:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek gesien dat die hemel geopen is. En kyk, daar was 'n wit perd! Hy wat daarop sit, word getrou en waar genoem, en met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.
Openbaring 19:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het die leërs wat in die hemel is, geklee in blink klere van suiwer, fyn linne, Hom op wit perde gevolg.
DIE OPENBARING 19:11 Bybel vir almal (ABA)
En ek het gesien die hemel is oop. Toe sien ek 'n wit perd! Die Persoon wat op die perd gesit het, se Name was “Hy wat altyd doen wat Hy sê” en “Die Waarheid.” Want wanneer Hy oordeel en oorlog maak, dan doen Hy altyd wat reg is.
Openbaring 19:14 Bybel vir almal (ABA)
Die leërs van die hemel het agter Hom gery op wit perde. Hulle het mooi klere aangehad, klere wat wit en skoon is.
DIE OPENBARING 19:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE het ek die hemel geopend gesien; en daar was 'n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
OPENBARING 19:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
DIE OPENBARING 19:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was 'n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.
DIE OPENBARING 19:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die leërs in die hemel het op wit perde agter Hom aan gery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad.
DIE OPENBARING 19:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het ek gesien dat die hemel geopen is. En kyk, daar was 'n wit perd! Hy wat daarop sit, word getrou en waar genoem, en met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.
Openbaring 19:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het die leërs wat in die hemel is, geklee in blink klere van suiwer, fyn linne, Hom op wit perde gevolg.
DIE OPENBARING 19:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het die hemel geopend gesien, en daar was 'n wit perd; en Hy wat op Hom sit, is genoem Getrou en Waaragtig, en in geregtigheid oordeel en voer Hy oorlog.
Openbaring Openbaring 19:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die leërs wat in die hemel was, het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
DIE OPENBARING 19:11 Die Boodskap (DB)
Toe ek weer sien, vou die hemel voor my oop. In die hemel was daar ’n wit perd met ’n Ruiter. Die Ruiter is die Een wat jou nooit in die steek laat nie. Hy is opreg en eg in alles wat Hy doen en sê. Sy oordeel is ook altyd reg en wanneer Hy oorlog maak, is dit nie onregverdig nie.
Openbaring 19:14 Die Boodskap (DB)
Die soldate van die hemel het op wit perde agter die Ruiter aangery. Hulle het nie oorlogsklere aangehad nie. Hulle het feesklere aangehad. Die klere was van die mooiste fyn, wit materiaal gemaak.