DIE OPENBARING 19:11, 14
DIE OPENBARING 19:11 AFR83
Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was 'n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.
DIE OPENBARING 19:14 AFR83
Die leërs in die hemel het op wit perde agter Hom aan gery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad.