PSALMS 77:8-10
PSALMS 77:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Het die Here my vir altyd verwerp? Sal Hy ooit weer sy genade bewys? Het sy troue liefde vir altyd verdwyn? Het sy beloftes tot ’n einde gekom? Het God sy medelye vergeet? Het Hy in toorn sy simpatie onttrek? Sela
PSALMS 77:8-10 Bybel vir almal (ABA)
Wil die Here ons vir altyd los, wil Hy nooit weer goed wees vir ons nie? Het Hy heeltemal vergeet wat Hy vir ons belowe het? Sal Hy nooit weer met ons praat nie? Wil God nie meer genadig wees nie? Of is Hy so kwaad dat Hy nie weer jammer kan wees vir ons nie? Sela
PSALMS 77:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie? Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag? Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.
PSALMS 77:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Sal die Here vir altyd verstoot en nooit weer genade betoon nie? Het daar vir altyd 'n einde gekom aan sy trou? Geld sy beloftes dan glad nie meer nie? Het God vergeet om medelye te hê? Het Hy in sy toorn sy ontferming onttrek?” Sela
PSALMS 77:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sal my Heer ons dan vir ewig verstoot en ons nooit weer aanvaar nie? Is dit vir altyd die einde van sy troue liefde? Het sy boodskappe van geslag tot geslag tot 'n einde gekom? Het God vergeet om genadig te wees, of het Hy in toorn sy ontferming opgehef? Sela
PSALMS 77:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is sy goedertierenheid vir altyd skoon weg? misluk sy belofte vir ewig? Het God vergeet om genadig te wees? Het hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela. En ek het gesê: Dit is my krankheid, maar ek sal dink aan die jare van die regterhand van die Allerhoogste.
PSALMS 77:8-10 Die Boodskap (DB)
“Gaan die Here my altyd van Hom af wegstoot? Sal Hy ooit weer vir my goed wees? Gaan Hy sy troue liefde altyd van my af wegvat? Het sy belofte om sy kinders in hulle swaarkry te help, nou eens en vir altyd tot ’n einde gekom? Het God dan vergeet om weer goed aan ons te doen? Is hy so kwaad dat Hy Hom nooit weer oor ons gaan ontferm en ons jammer kry nie?