PSALMS 144:1-2
PSALMS 144:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Geseënd is die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te maak. Hy is my troue hulp en my toevlug, my veilige vesting en my redder. Hy is my beskermer by wie ek skuil, wat volke aan my onderwerp.
PSALMS 144:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Van Dawid. Ek wil die Here prys! Hy is my Rots. Hy leer vir my hande om te veg, Hy leer vir my vingers om oorlog te maak. Hy doen altyd wat Hy belowe het, Hy is vir my soos 'n veilige plek in die berge, Hy beskerm my en Hy maak my vry, Hy is vir my soos 'n skild, ek voel veilig by Hom. Hy maak my mense gehoorsaam aan my.
PSALMS 144:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N PSALM van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer — my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp.
PSALMS 144:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Dawid. Geloof sy die Here, Hy is my rots. Hy leer my hande om oorlog te maak, my vingers om te veg. U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil, wat my volk aan my onderdanig maak.
PSALMS 144:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van Dawid. Die HERE, my rots, moet geprys word, Hy maak my hande bedrewe vir die geveg, my vingers vir die oorlog. Hy is my vertroueling, my bergskuiling, my beskutting, my bevryder, my skild, en by Hom skuil ek, Hy wat my volk aan my onderwerp.