PSALMS 119:161-176
PSALMS 119:161-176 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Heersers vervolg my sonder oorsaak, maar al wat ek vrees, is u woord. Ek verheug my in u woord soos iemand wat ’n groot skat ontdek. Alle valsheid haat en verafsku ek, maar u gebooie het ek lief. Ek loof U sewe keer per dag omdat al u bepalings regverdig is. Hulle wat u gebooie liefhet, het groot sekuriteit en niks sal hulle laat struikel nie. Ek sien uit na u redding, HERE; daarom voer ek u gebooie uit. Ek het u eise gehoorsaam, en het dit baie lief. Ek gehoorsaam u bevele en eise, want U weet van alles wat ek doen. HERE, luister na my geroep; gee vir my insig soos U beloof het. Luister tog na my smeekgebed; red my soos U beloof het. Laat my lippe uitbreek met lof, want U het my u voorskrifte geleer. Laat my tong sing oor u woord, want u bepalings is regverdig. Mag U gereed wees om my te help, want u bevele het ek eerste gestel. HERE, ek het verlang na u redding, en u gebooie is my vreugde. Laat my lewe sodat ek U kan prys, en mag u bepalings my ondersteun. Soos ’n verlore skaap het ek gedwaal; kom en soek my tog, want u gebooie het ek nie vergeet nie.
PSALMS 119:161-176 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Leiers vervolg my sonder rede, maar net vir u woord het my hart 'n heilige vrees. Ek verheug my oor u woord, soos iemand wat 'n groot buit gevind het. Ek haat en verafsku valsheid, maar u wet het ek lief. Sewe keer per dag loof ek U oor u regverdige beslissings. Groot vrede is daar vir hulle wat u wet liefhet; vir hulle is daar geen struikelblokke nie. Ek vestig my hoop op u verlossing, HERE, en ek voer u bevele uit. Ek kom u bepalings na; ja, ek het dit baie lief. Ek kom u opdragte en u bepalings na, want al my paaie lê oop voor U. Laat my klaagroep voor U kom, HERE; gee my insig ooreenkomstig u woord. Laat my smeekgebed U bereik, red my volgens u belofte. My lippe laat lofprysing uitstroom, want U leer my u voorskrifte. My tong besing u woord, want al u gebooie is regverdig. Laat u hand my te hulp kom, want ek verkies u opdragte. Ek verlang na u verlossing, HERE; u wet is my vreugde. Hou my lewend sodat ek U kan loof en laat u beslissings my help. Ek dwaal rond soos 'n verlore skaap; soek tog u dienskneg. U gebooie vergeet ek immers nie.
PSALMS 119:161-176 Bybel vir almal (ABA)
Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar belangrike mense volg my en jaag my. Ek is nie bang vir hulle nie, ek is bang vir wat U gesê het. Ek is so bly oor wat U belowe het, so bly soos wanneer ek baie goed kry wat ek vir my kan vat. Ek haat dit wanneer mense vals is, ek hou niks daarvan nie. Ek is lief vir wat U vir ons geleer het. Ek prys U sewe maal elke dag omdat alles wat U besluit, reg is. Dit gaan baie goed met mense wat lief is vir wat U vir ons geleer het. Daar gebeur niks wat sleg is met hulle nie. Here, ek weet U sal my red en ek doen wat u gebooie sê. Ek hou aan om te doen wat U sê, ek is baie lief daarvoor. Ek hou aan om te doen wat U beveel en wat U sê, want U sien altyd hoe ek lewe. Here, U moet hoor wat ek bid, U moet my help om te verstaan wat U sê. U moet luister wanneer ek tot U bid, U moet my red, soos U belowe het. Ek sal aanhou om U te prys, want U leer vir my u wette. Ek sal sing oor wat U belowe het, want al u gebooie is reg. U moet my help, want ek het gekies om te doen wat U beveel het. Here, ek verlang daarna dat U my moet red, ek geniet wat U vir ons geleer het. U moet my laat aanhou lewe, sodat ek U kan prys. Die dinge wat U besluit het, moet my help. Ek het verdwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, U moet my soek, vir my, u dienaar, want ek het nie u gebooie vergeet nie.
PSALMS 119:161-176 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord. Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind. Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief. Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge. Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie. O HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie. My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief. Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U. O HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord. Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte. My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge. My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid. Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies. O HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging. Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help. Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.
PSALMS 119:161-176 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maghebbers vervolg my sonder oorsaak, maar u woord is die enigste wat ek vrees. Oor u woord is ek so bly soos iemand wat 'n groot skat in die hande gekry het. Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief. Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings. Hulle is regverdig. Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie. Ek vestig my hoop op hulp van U, Here, u gebooie gehoorsaam ek. Ek kom u verordeninge na, ek het hulle baie lief. U bevele en verordeninge gehoorsaam ek. My hele lewe lê oop voor U. Gee tog ag op my geroep, Here, gee my insig soos U beloof het. Luister tog na my smeekgebed, red my volgens u belofte. Die lof sal oor my lippe stroom, want U leer my u voorskrifte. Ek sal u woord besing, want al u gebooie is regverdig. Help my tog altyd, want ek stel u bevele eerste. Ek smag na u hulp, Here, in u wet vind ek my vreugde. Laat my lewe dat ek U kan loof, laat u bepalings my steun wees. As ek sou ronddwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.
PSALMS 119:161-176 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Leiers vervolg my sonder rede, maar net vir u woord het my hart 'n heilige vrees. Ek verheug my oor u woord, soos iemand wat 'n groot buit gevind het. Ek haat en verafsku valsheid, maar u wet het ek lief. Sewe keer per dag loof ek U oor u regverdige beslissings. Groot vrede is daar vir hulle wat u wet liefhet; vir hulle is daar geen struikelblokke nie. Ek vestig my hoop op u verlossing, HERE, en ek voer u bevele uit. Ek kom u bepalings na; ja, ek het dit baie lief. Ek kom u opdragte en u bepalings na, want al my paaie lê oop voor U. Laat my klaagroep voor U kom, HERE; gee my insig ooreenkomstig u woord. Laat my smeekgebed U bereik, red my volgens u belofte. My lippe laat lofprysing uitstroom, want U leer my u voorskrifte. My tong besing u woord, want al u gebooie is regverdig. Laat u hand my te hulp kom, want ek verkies u opdragte. Ek verlang na u verlossing, HERE; u wet is my vreugde. Hou my lewend sodat ek U kan loof en laat u beslissings my help. Ek dwaal rond soos 'n verlore skaap; soek tog u dienskneg. U gebooie vergeet ek immers nie.
PSALMS 119:161-176 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
SCHIN. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart is ontsag vir U woord. Ek is bly oor U woord, soos iemand wat groot buit kry. Ek haat en verafsku leuens, maar u wet het ek lief. Sewe maal per dag loof ek U ter wille van U regverdige oordele. Groot vrede het die wat u wet liefhet, en niks sal hulle aanstoot gee nie. HERE, ek het op U verlossing gehoop en U gebooie gedoen. My siel het U getuienisse bewaar; en ek is baie lief vir hulle. Ek het u bevele en U getuienisse onderhou, want al my weë is voor U aangesig. TAU. Laat my hulpgeroep voor U aangesig nader kom, HERE; gee my insig volgens U woord. Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u woord. My lippe sal lof uitspreek as U my U insettinge leer. My tong sal van U woord spreek, want al u gebooie is geregtigheid. Laat U hand my help; want ek het U bevele uitverkies. Ek verlang na U heil, o HERE; en U wet is my verlustiging. Laat my siel lewe, en dit sal U loof; en laat U oordele my help. Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek U dienaar; want ek vergeet U gebooie nie.
PSALMS 119:161-176 Die Boodskap (DB)
’n Klomp belangrike mense vervolg my, al is ek onskuldig, maar dit vat nooit my respek vir u Woord weg nie. My hart loop oor van opgewondenheid oor elke woord wat U sê, dit is die grootste skat wat ek nog ooit in my lewe gevind het. Ek haat leuens, maar u wet, dit het ek lief met alles binne-in my. Ek kan U nie genoeg loof nie, elke kans wat ek kry, gebruik ek om vir U te sê dat alles wat U doen, reg en goed is. Almal wat u wet liefhet, leef reg, hulle val nie oor die sonde nie. Here, ek hou u hand styf vas; ek wag dat U my kom help, ek doen net wat U sê. Alles wat U sê, word in my hart weggebêre, ek doen dit alles; ek is lief vir elke voorskrif uit u mond! Kyk net: ek gehoorsaam alles wat U sê en luister na u raad, my lewe is soos ’n oop boek voor U. Here, luister tog as ek smeek dat U my moet help, leer my om te verstaan wat U in die Bybel van my vra. Gee aandag aan my nood; moenie dit ignoreer nie! Red my soos U belowe het. Lof sal dan oor my lippe spoel, want U leer my hoe om te leef. Ek sal heeltyd sing oor u Woord, want alles wat U sê, is reg en goed. Hou my vas, want ek wil net doen wat U sê. Here, ek het nie genoeg woorde om vir U te sê hoe ek na u hulp smag nie, u wet bring soveel blydskap in my lewe. Maak my van binne af nuut, dan sal ek u Naam heeltyd loof. Maak my sterk om te doen wat U sê. As ek soos ’n skaap is wat verdwaal het, kom haal my asseblief! Ek sal u stem dadelik herken, want ek vergeet nooit een van u woorde nie.