Ek het niks verkeerd gedoen nie, maar belangrike mense volg my en jaag my. Ek is nie bang vir hulle nie, ek is bang vir wat U gesê het. Ek is so bly oor wat U belowe het, so bly soos wanneer ek baie goed kry wat ek vir my kan vat. Ek haat dit wanneer mense vals is, ek hou niks daarvan nie. Ek is lief vir wat U vir ons geleer het. Ek prys U sewe maal elke dag omdat alles wat U besluit, reg is. Dit gaan baie goed met mense wat lief is vir wat U vir ons geleer het. Daar gebeur niks wat sleg is met hulle nie. Here, ek weet U sal my red en ek doen wat u gebooie sê. Ek hou aan om te doen wat U sê, ek is baie lief daarvoor. Ek hou aan om te doen wat U beveel en wat U sê, want U sien altyd hoe ek lewe. Here, U moet hoor wat ek bid, U moet my help om te verstaan wat U sê. U moet luister wanneer ek tot U bid, U moet my red, soos U belowe het. Ek sal aanhou om U te prys, want U leer vir my u wette. Ek sal sing oor wat U belowe het, want al u gebooie is reg. U moet my help, want ek het gekies om te doen wat U beveel het. Here, ek verlang daarna dat U my moet red, ek geniet wat U vir ons geleer het. U moet my laat aanhou lewe, sodat ek U kan prys. Die dinge wat U besluit het, moet my help. Ek het verdwaal soos 'n skaap wat weggeraak het, U moet my soek, vir my, u dienaar, want ek het nie u gebooie vergeet nie.
Lees Psalms 119
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 119:161-176
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's