PSALMS 119:145-152
PSALMS 119:145-152 Die Boodskap (DB)
Ek roep so hard as wat ek kan: “Here, verhoor my!” Ek wil u voorskrifte in die Bybel doen. Ek het voor U kom staan en uitgeroep: “Red my!” sodat ek u voorskrifte kan hou. Nog voordat die son in die oggend opkom, pleit ek al dat U my moet help, ek wag dat U my moet antwoord. In die nag slaap ek nie, my oë is wawyd oop; dit is net op U gerig. Ek dink die hele tyd aan alles wat U sê. Hoor tog as ek so bid, want U is ’n baie goeie God. Here, laat my weer voluit leef! Mense wat vieslike dinge doen, kruip al nader en nader, hulle loop al verder en verder van u wet af weg. Here, U is altyd baie naby, boonop is alles wat U sê, die waarheid. Ek weet al lankal dat dit wat U sê, vir altyd bly bestaan.
PSALMS 119:145-152 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek roep tot U met my hele hart; antwoord my tog, HERE! U voorskrifte sal ek gehoorsaam. Ek roep na U: Red my, en ek sal u vereistes gehoorsaam. Voor dagbreek roep ek om hulp, en plaas my hoop op u woord. Die hele nag lê ek wakker om u woord te oordink. Luister na my roepstem, HERE, op grond van u troue liefde. Laat my lewe op grond van u regverdigheid. Sluwe vervolgers kom al nader, maar lewe ver van u gebooie af. Maar U is naby, HERE, en al u gebooie is betroubaar. Van lankal af het ek geweet dat u eise nooit verander nie.
PSALMS 119:145-152 Bybel vir almal (ABA)
Here, ek roep en ek vra dat U my moet help, ek vra dit met my hele hart. U moet my antwoord, ek wil doen wat u wette sê. Ek roep en ek vra dat U my moet red, sodat ek kan doen wat U sê. Ek staan op voordat die son opkom en ek vra dat U my moet help, ek weet U sal doen wat U gesê het. Ek bly die hele nag wakker, sodat ek kan dink aan wat U belowe het. Here, U doen wat U belowe het en wat U besluit het. U moet luister na wat ek vra, U moet my laat aanhou lewe. Die mense is naby wat my volg en jaag om my seer te maak, maar hulle is ver van wat U vir ons geleer het. Here, U is naby en u gebooie verander nie. Ek weet van die begin af wat U gesê het, want u woorde bly altyd waar.
PSALMS 119:145-152 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar. Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou. Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek. My oë is die nagwake voor om u woord te oordink. Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge. Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is. U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid. Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.
PSALMS 119:145-152 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek roep na U met my hele hart, verhoor tog my gebed, Here, ek wil u voorskrifte nakom. Ek roep na U, red my, ek wil u verordeninge gehoorsaam. In die oggendskemer al roep ek om hulp en stel ek my vertroue in u woord. Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord. Handel volgens u liefde, Here, luister tog na my. Laat u bepalings geld, hou my in die lewe. Dié wat my met soveel lis vervolg, kom steeds nader, maar van u wet af bly hulle ver. U is by my, Here, alles wat U gebied het, staan vas. Van lankal af weet ek van u verordeninge dat U hulle altyd vas laat staan.
PSALMS 119:145-152 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek roep met my hele hart: “Antwoord my, HERE, u voorskrifte wil ek onderhou!” Ek roep na U: “Verlos my sodat ek u bepalings kan nakom!” Voor die oggendskemer roep ek al om hulp; op u woorde wag ek. Met oop oë gaan ek elke nagwaak in, sodat ek oor u woord kan nadink. Luister tog in u troue liefde na my stem, HERE, hou my lewend volgens u beslissing. Mense wat slinkse planne najaag, kom nader; hulle bly ver van u wet. Maar U, HERE, is naby, en al u gebooie is betroubaar. Uit u bepalings weet ek lank reeds dat U dit vir ewig gevestig het.
PSALMS 119:145-152 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
KOPH. Ek het met my hele hart gehuil; luister na my, HERE, ek sal U insettinge onderhou. Ek het U aangeroep; red my, en ek sal U getuienisse bewaar. Ek het die aanbreek van die môre verhinder en uitgeroep: Ek het op u woord gehoop. My oë keer die nagwaak, dat ek u woord kan oordink. Hoor my stem na U goedertierenheid: o HERE, maak my lewend volgens U oordeel. Hulle kom nader wat onheil volg: hulle is ver van u wet af. U is naby, HERE; en al U gebooie is waarheid. Aangaande u getuienisse het ek van ouds af geweet dat U dit vir altyd gegrond het.