PSALMS 119:145-152

PSALMS 119:145-152 AFR53

Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar. Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou. Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek. My oë is die nagwake voor om u woord te oordink. Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge. Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is. U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid. Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het.

Video for PSALMS 119:145-152

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 119:145-152