PSALMS 100:3,5
PSALMS 100:3 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet weet dat die Here God is. Hy het ons gemaak, en ons is Syne, ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort.
Psalms 100:5 Bybel vir almal (ABA)
Want die Here is goed, Hy doen altyd wat Hy belowe het, Hy bly dieselfde vir elke geslag.
PSALMS 100:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.
PSALMS 100:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.
PSALMS 100:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.
PSALMS 100:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
PSALMS 100:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Erken dat die HERE God is; Hy het ons gemaak; aan Hom behoort ons, sy volk, die kleinvee wat Hy laat wei.
Psalms 100:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die HERE is goed, vir ewig duur sy troue liefde, van geslag tot geslag sy trou.
PSALMS 100:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weet julle dat die HERE God is; dit is Hy wat ons gemaak het, en nie ons self nie; ons is sy volk en die skape van sy weide.
Psalms Psalm 100:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is ewig; en sy waarheid is van geslag tot geslag.
PSALMS 100:3 Die Boodskap (DB)
Jubel dit uit dat die Here die enigste God is. Die Here het ons gemaak. Elkeen van ons behoort aan Hom: ons is Syne. Ons leef elke dag uit sy hand. Die Here sorg vir ons net soos ’n skaapwagter sy skape versorg. Ons kan nie sonder die Here se goedheid klaarkom nie.
Psalms 100:5 Die Boodskap (DB)
die Here is ’n goeie God! Hy sal ons wat in Hom glo, nooit ophou liefhê nie. Hy is ’n goeie God, nou en vir altyd!
PSALMS 100:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld.