SPREUKE 29:1-14

SPREUKE 29:1-14 Die Boodskap (DB)

’n Hardkoppige mens wat nooit na ander luister nie, sal hom nog lelik vasloop. As ’n gelowige die mag oorneem, juig die mense. As slegte mense aan bewind kom, kla die volk. ’n Jongmens wat graag reg wil leef, maak sy ouers baie bly. Wie prostitute besoek, mors swaarverdiende geld. Slegs wanneer politieke leiers reg regeer, gaan dit in ’n land voorspoedig. Hoë belasting kan ’n volk knak. Loop katvoet vir die man wat jou altyd loop en vlei. Hy bedoel dit nie regtig nie. Dit is soos ’n net wat hy oor jou gooi en waaruit jy nie kan loskom nie. ’n Slegte mens se verkeerde dade is soos ’n gat waarin hy self val. ’n Gelowige is ’n gelukkige mens. Hy sing van vreugde. ’n Gelowige weet dat hy ’n arm mens moet help. ’n Slegte mens steur hom nie aan die armes nie. Hy sal hulle nooit help nie. Dom mense sweep maklik ’n groep op. Wyse mense weet hoe om die woede te laat bedaar. Dis nie die moeite werd om met ’n dom mens te argumenteer nie. Hy lag jou net uit. Daar kom nie rus nie. Mense wat ander graag seermaak, hou niks van gelowiges nie. Vir hulle wat die Here ken, is die lewe wonderlik. ’n Dom mens verloor oral en altyd sy humeur. ’n Wyse beheer homself. As die land se president oneerlik is, is die staatsdiens kort voor lank korrup. ’n Arm mens en die een wat hom onderdruk, is albei die handewerk van God. Hy weet wat hulle doen en sê. As ’n regering vir die armes omgee, sal hulle altyd onthou word.

SPREUKE 29:1-14 Bybel vir almal (ABA)

As jy aanhou om vir iemand te sê hoe hy moet lewe, maar hy bly hardkoppig, dan sal dit gou sleg gaan met hom, en niemand sal hom kan help nie. 'n Volk is bly wanneer die mense wat regeer, mense is wat reg doen, maar 'n volk kla en sug wanneer die mense wat regeer, mense is wat verkeerd doen. 'n Pa is bly wanneer sy seun lief is vir wysheid, maar 'n seun wat altyd na prostitute toe gaan, verloor alles wat hy het. 'n Koning wat reg doen, laat dit goed gaan met sy land, maar 'n koning wat meer en meer belasting wil hê, verwoes sy land. 'n Persoon wat dinge sê net om iemand anders gelukkig te laat voel, wil hom in 'n vangnet vang. Die slegte mens wat verkeerd doen, wil iemand in 'n vangstrik laat trap, maar die mens wat reg lewe, sing vrolik. Iemand wat reg lewe, weet hoe om reg te doen aan arm mense, maar iemand wat verkeerd doen, wil dit nie weet nie. Persone wat altyd wil spot, maak die mense in 'n stad kwaad, wyse mense laat daar weer vrede kom. Wanneer 'n wyse mens 'n dwaas beskuldig, dan hou die dwaas aan om te raas en om die wyse mens te beledig. Moordenaars haat iemand wat heeltemal reg lewe, maar eerlike mense probeer om so 'n persoon se lewe te red. Wanneer 'n dwaas kwaad is, dan sê hy alles wat hy dink, 'n wyse mens bly kalm. Wanneer 'n koning luister na leuens, dan sal almal wat vir hom werk, mense wees wat verkeerd doen. 'n Arm mens en die persoon wat hom verdruk, is saam in die wêreld, die Here laat hulle altwee lewe. 'n Koning wat regverdig is wanneer hy arm mense oordeel, sal lank koning bly.