Iemand wat ná teregwysings hardnekkig bly, sal onverwags verpletter word, sonder kans op herstel. Wanneer regverdiges meer word, is die volk verheug; maar wanneer goddeloses heers, sug 'n volk. Iemand wat wysheid liefhet, verheug sy vader; maar wie met prostitute deurmekaar raak, vernietig rykdom. 'n Koning hou deur die reg 'n land in stand; maar hy wat heffings oplê, breek dit af. 'n Man wat sy medemens vlei, span 'n vangnet vir sy eie voete. In die oortreding van 'n bose mens lê daar 'n valstrik, maar 'n regverdige juig en is bly. 'n Regverdige is bedag op die regte van armes; 'n goddelose verstaan nie sulke kennis nie. Spotters blaas oproer aan in 'n stad, maar wyses bring toorn tot bedaring. As 'n wyse mens betrokke raak in 'n hofsaak met 'n sot, is die sot senuweeagtig en giggel sonder ophou. Mense wat bloed vergiet, haat 'n onberispelike mens; maar opregtes, hulle is begaan oor sy lewe. 'n Dwaas gee vrye teuels aan al sy gevoelens, maar 'n wyse bedwing sy gevoelens uiteindelik. 'n Heerser wat luister na leuentaal – almal wat in sy diens is, is goddeloos. Die arme en onderdrukker het dít gemeen: Die HERE gee lig aan albei se oë. 'n Koning wat armes billik oordeel – sy troon sal vir altyd standhou.
Lees Spreuke 29
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Spreuke 29:1-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's