Wie hom hardkoppig teen teregwysings bly verset, stort skielik ineen. Niks kan dan weer vir hom herstel bring nie. ’n Volk juig wanneer regverdige mense regeer, hulle sug wanneer goddeloses aan bewind is. ’n Man wat lief is vir wysheid maak sy pa baie gelukkig. Een wat hom besig hou met prostitute, mors sy geld. ’n Regverdige koning bring bestendigheid in sy land. Een wat buitengewone belasting wil hê, ruïneer sy land. Iemand wat sy medemens vlei, is besig om ’n valstrik te stel. ’n Goddelose mens se eie sonde is sy ondergang. Iemand wat reg doen, kan vrolik sing. ’n Regverdige mens gee om vir arm mense se regte. ’n Goddelose mens het geen begrip daarvoor nie. Ligsinnige mense kan ’n hele stad op hol jaag; wyse mense laat gemoedere bedaar. Wanneer ’n wyse man ’n hofsaak maak teen ’n dwaas, sal die dwaas heftig raak en hom beledig. Daar sal nie kalmte in die hofsaal wees nie. Moordenaars haat ’n opregte mens; eerlike mense help mense wat eerbaar lewe. ’n Dwaas bars uit in woede. Iemand wat wys is, hou homself in toom. Iemand wat regeer en hom aan leuens steur, stel goddeloses aan in sy diens. ’n Arm mens en sy onderdrukker het een ding in gemeen: Die HERE gee aan al twee die lewenslig. ’n Koning wat armes billik behandel in die regspraak, sal lank regeer.
Lees SPREUKE 29
Luister na SPREUKE 29
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: SPREUKE 29:1-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's