SPREUKE 22:10-12
SPREUKE 22:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom. Wie graag opreg wil wees en mooi praat met ander, het selfs die koning as vriend. Die HERE hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om.
SPREUKE 22:10-12 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jy iemand wegjaag wat altyd wil spot, dan sal die mense ophou twis, en dan kan hy nie meer mense beskuldig en beledig nie. Wanneer iemand eerlik lewe en vriendelik is, dan is die koning sy vriend. Mense kan aanhou leer hoe om te lewe omdat die Here regeer. Hy laat die dinge wat verraaiers sê, nie gebeur nie.
SPREUKE 22:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is — die koning is sy vriend. Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.
SPREUKE 22:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy 'n ligsinnige mens wegjaag, hou die rusies op en kom die getwis en beledigings tot 'n end. Wie daarop prys stel om opreg te wees en vriendelik te praat, het selfs die koning tot vriend. Die Here sorg dat die regte insig behoue bly; Hy sorg dat die woorde van 'n onbetroubare mens geen uitwerking het nie.
SPREUKE 22:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dryf 'n spotter weg, dan is stryd by die deur uit, en eise en skandalige optrede hou op. Wie 'n rein hart liefhet, wie innemend praat, sal 'n koning as sy vriend hê. Die oë van die HERE bewaak kennis, en die sake van 'n bedrieër werp Hy omver.
SPREUKE 22:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verdryf die spotter, en die twis sal uitgaan; ja, twis en smaad sal ophou. Hy wat reinheid van hart liefhet, vir die genade van sy lippe sal die koning sy vriend wees. Die oë van die HERE bewaar kennis, en Hy vernietig die woorde van die oortreder.
SPREUKE 22:10-12 Die Boodskap (DB)
As ’n rusiemaker weggaan, is alles sommer rustiger en kalmer. Onderlinge rusie en spanning sal dadelik ophou. Die mens wat reg optree en reg praat, sal selfs die regeerder onder sy vriende tel. Die Here sien alles wat ’n wyse en ’n domme sê en doen. Hy help ’n mens om reg te leef. Hy vernietig bose planne.
SPREUKE 22:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jaag die spotter weg en saam met hom sal rusies padgee; die gestry en beledigings sal tot ’n einde kom. Wie graag opreg wil wees en mooi praat met ander, het selfs die koning as vriend. Die HERE hou kennis in stand. Hy keer die woorde van die onbetroubare mens om.