SPREUKE 21:28-29
SPREUKE 21:28-29 Bybel vir almal (ABA)
'n Vals getuie sal sterf, maar 'n getuie wat goed geluister het wat mense sê, kan aanhou praat. Die mens wat verkeerd doen, wys nie wat hy dink nie, die eerlike mens maak seker dat hy reg lewe.
SPREUKE 21:28-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Leuenagtige getuie kom om; maar 'n man wat goed toeluister, spreek vir altyd. Die goddelose trek 'n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.
SPREUKE 21:28-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Vals getuie gaan sy dood tegemoet. 'n Betroubare getuie se getuienis het betekenis. 'n Slegte mens gee voor dat hy weet wat hy doen; 'n eerlike mens bly by die koers wat hy gekies het.
SPREUKE 21:28-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Leuenagtige getuie gaan ten gronde, maar iemand wat luister, mag altyd praat. 'n Goddelose sit 'n brutale gesig op, maar 'n opregte, hy slaan ag op wat hy doen.
SPREUKE 21:28-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Valse getuie sal omkom, maar die man wat dit hoor, spreek voortdurend. 'n Bose verhard sy aangesig, maar wat die opregtes betref, hy rig sy weg.