SPREUKE 20:26-27
SPREUKE 20:26-27 Bybel vir almal (ABA)
'n Koning wat wysheid het, kan uitvind wie skuldig is, en hy straf hulle baie swaar. Die mens se gees is die lamp van die Here, dit ondersoek alles wat 'n mens dink en doen.
SPREUKE 20:26-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai. Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.
SPREUKE 20:26-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Wyse koning sif die skuldiges uit en straf hulle genadeloos. Die Here gee aan die mens die lewe. Die Here sien deur die hele mens.
SPREUKE 20:26-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Wyse koning sif goddeloses uit en laat die dorswiel oor hulle loop. Die asem van die mens is die HERE se lamp; daarmee deursoek Hy al die kamers van die binneste.
SPREUKE 20:26-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Wyse koning verstrooi die goddelose en bring die wiel oor hulle. Die gees van die mens is die lamp van die HERE wat al die binneste van die buik deursoek.