SPREUKE 20:20-21
SPREUKE 20:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wie sy pa en ma vervloek, se lewe eindig onverwags soos ’n lamp wat doodgaan in pikdonker. Besittings oneerlik verkry, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.
SPREUKE 20:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie sy vader en moeder vloek – sy lamp word uitgedoof in diepe duisternis. 'n Erfenis aanvanklik oorhaastig verkry, sal uiteindelik nie geseënd wees nie.
SPREUKE 20:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy jou vader en moeder vervloek, is jou lewe daarmee heen en bly net die pikdonker oor. Besittings wat oneerlik verkry is, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.
SPREUKE 20:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand sy ouers vervloek, dan sal hy sterf, dit sal donker wees rondom hom. Wanneer iemand later iets moet erf, maar hy vat dit voordat hy dit moet kry, dan sal daardie goed nie méér word nie.
SPREUKE 20:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood. 'n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is — die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.
SPREUKE 20:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy jou vader en moeder vervloek, is jou lewe daarmee heen en bly net die pikdonker oor. Besittings wat oneerlik verkry is, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.
SPREUKE 20:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie sy vader en moeder vloek – sy lamp word uitgedoof in diepe duisternis. 'n Erfenis aanvanklik oorhaastig verkry, sal uiteindelik nie geseënd wees nie.
SPREUKE 20:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp sal in donker duisternis uitgedoof word. 'n Erfenis kan in die begin haastig verkry word; maar die einde daarvan sal nie geseënd wees nie.