SPREUKE 20:16-18
SPREUKE 20:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom af en hou dit as pand, want hy is 'n uitlander. Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed, maar agterna sal jy klippe kou. Planne wat op goeie raad steun, slaag; vra raad voor jy oorlog maak.
SPREUKE 20:16-18 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand borg gestaan het vir 'n mens wat hy nie ken nie, wanneer hy belowe het om te betaal wat iemand uit 'n ander land skuld, dan moet jy sy klere vat as jý iets van hom wil terugkry. As jy ander mense bedrieg het om kos te kry, dan smaak die kos miskien lekker in die begin, maar later sal dit voel of jy klippies kou. As jy eers goed dink voordat jy planne maak, dan sal jou planne slaag. Jy moet vra wat ander mense dink voordat jy besluit om oorlog te maak.
SPREUKE 20:16-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes. Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies. Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.
SPREUKE 20:16-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
As 'n vreemde vir iemand borg staan, vat sy klere van hom af en hou dit as pand, want hy is 'n uitlander. Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed, maar agterna sal jy klippe kou. Planne wat op goeie raad steun, slaag; vra raad voor jy oorlog maak.
SPREUKE 20:16-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Neem sy kleed, want hy het borg gestaan vir 'n vreemde, vir 'n vreemde vrou – neem 'n pand van hom! Aangenaam is vir 'n mens die brood verkry deur bedrog, maar daarna is sy mond vol gruis. Planne kom deur beraadslaging tot stand. Voer oorlog met goeie leierskap!
SPREUKE 20:16-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Neem sy kleed wat vir 'n vreemdeling borg is, en neem 'n pand van hom vir 'n vreemde vrou. Brood van bedrog is soet vir 'n mens; maar daarna sal sy mond vol gruis wees. Elke doel word deur raad bepaal, en met goeie raad oorlog voer.
SPREUKE 20:16-18 Die Boodskap (DB)
Pas op vir vinnige finansiële transaksies. Sorg dat jy nie aan die kortste ent trek nie. Sorg vir waarborge, veral as die ander party vrot van die skuld is. Geld wat oneerlik verkry is, bring nie geluk nie. Dit is soos brood wat in jou mond grond word. Dit vernietig jou tande en veroorsaak pyn. Goeie planne kan ook op vergaderings gemaak word. Voordat jy iets aanpak, vra eers raad. Beplan dan fyn.
SPREUKE 20:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vat klere as ’n pand van iemand wat borg staan vir ’n buitelander, kry by hom ’n waarborg wanneer hy instaan vir ’n vreemde se skuld. Kos wat gesteel is, proe aanvanklik lekker. Agterna word dit klippies in jou mond. Planne slaag wat op goeie raad gebaseer is. Kry eers raad voor jy oorlog maak.