SPREUKE 18:2-3
SPREUKE 18:2-3 Bybel vir almal (ABA)
'n Dwaas wil nie verstandig word nie, hy wil net sê wat hy self dink. Iemand wat verkeerd doen, beledig mense oral waar hy kom, hy verneder hulle en hy laat hulle sleg voel.
SPREUKE 18:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word. As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.
SPREUKE 18:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak. Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede, en saam met die belediging kom die skande.
SPREUKE 18:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Dwaas het geen sin in verstandigheid nie, maar net sin daarin om sy hart te ontbloot. Wanneer 'n goddelose opdaag, daag veragting ook op, en saam met skande, ook bespotting.
SPREUKE 18:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Dwaas het geen behae in verstand nie, maar dat sy hart homself kan ontdek. Wanneer die goddelose kom, dan kom ook veragting en met smaad smaad.