SPREUKE 16:21-23
SPREUKE 16:21-23 Bybel vir almal (ABA)
As iemand wysheid het, dan weet mense dat hy verstandig is. Sy woorde is soos heuning, ander mense leer graag van hom. As iemand verstandig is, dan hou hy aan om te lewe, maar dwase kan vir 'n mens net dom dinge leer. Iemand wat wysheid het, praat verstandig, ander mense kan by hom leer.
SPREUKE 16:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering. 'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid. Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.
SPREUKE 16:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem, en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer. Insig is 'n bron van lewe vir wie dit het; onderrig deur dwase bly dwaasheid. 'n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde so dat hy ander kan leer.
SPREUKE 16:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie wys van hart is, word verstandig genoem, en soetheid van lippe bevorder onderrig. Begrip is 'n bron van lewe vir die besitters daarvan, maar die vermaning van sotte is sotheid. Die hart van 'n wyse maak sy mond verstandig en bevorder die onderrig op sy lippe.
SPREUKE 16:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die wyse van hart sal verstandig genoem word, en die soetheid van die lippe vermeerder geleerdheid. Insig is 'n fontein van die lewe vir hom wat dit het, maar die tug van die dwase is dwaasheid. Die hart van die wyse leer sy mond en voeg geleerdheid by sy lippe.
SPREUKE 16:21-23 Die Boodskap (DB)
Mense respekteer iemand wat wys leef. Iemand wat mooi praat, oortuig mense maklik. Vir iemand wat weet hoe om reg te leef is wysheid ’n onuitputlike bron van kennis. ’n Domme sal nooit leer nie. Hy sal altyd die verkeerde dinge doen. Soos ’n mens dink, praat hy ook. ’n Goeie spreker kan mense baie dinge leer.
SPREUKE 16:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand wat wys is, word ’n verstandige genoem. As hy welsprekend is, kan hy ook ander leer. Vir iemand met insig is dit die bron van sy lewe. Om dwase tereg te wys is dwaasheid. ’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig.