SPREUKE 15:20-21
SPREUKE 15:20-21 Bybel vir almal (ABA)
'n Pa en ma is bly wanneer hulle kinders wysheid het, maar 'n dwaas dink sy ouers is nie belangrik nie. Iemand wat nie baie verstand het nie, is bly omdat hy dwaas is, 'n verstandige mens doen dinge wat reg is.
SPREUKE 15:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder. Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.
SPREUKE 15:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Wyse seun maak sy ouers bly, 'n dwase mens minag hulle. Iemand wat verstand kortkom, vind vreugde in sy dwaasheid; 'n mens met insig leef reg.
SPREUKE 15:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens minag sy moeder. Sotheid is 'n vreugde vir iemand sonder verstand, maar 'n skerpsinnige mens loop 'n reguit pad.
SPREUKE 15:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Wyse seun maak 'n vader bly, maar 'n dwase man verag sy moeder. Dwaasheid is vreugde vir hom wat wysheid ontbreek, maar 'n man van verstand wandel opreg.