NUMERI 27:5-10
NUMERI 27:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het die saak voor die HERE gaan stel. Die HERE het Moses geantwoord: “Wat Selofgad se dogters sê, is reg. Gee vir hulle grond as erfdeel tussen hulle familielede. Hulle moet hulle pa se erflating kry. “Sê ook vir die Israeliete: ‘Iemand wat sonder seuns doodgaan se erflating moet na sy dogters toe gaan. As hy nie dogters gehad het nie, moet sy erflating na sy broers toe gaan. As hy sonder broers doodgaan, moet sy eiendom na sy pa se broers toe gaan.
NUMERI 27:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het hulle saak voor die Here gebring, en die Here het vir hom gesê: “Selofgad se dogters het gelyk. Jy moet beslis vir hulle hulle eie grond tussen dié van hulle pa se familie gee. Gee vir hulle die grond wat hulle pa sou gekry het. “Sê vir die Israeliete: As iemand sterf en hy het nie 'n seun nie, moet julle sy grond aan sy dogter gee. As hy ook nie 'n dogter het nie, gee sy grond vir sy broers. As hy nie broers het nie, gee dit vir sy ooms aan vaderskant.
NUMERI 27:5-10 Bybel vir almal (ABA)
Moses het vir die Here gevra of die dogters reg is, en die Here het vir hom gesê: “Die dogters van Selofgad praat reg. Jy moet vir elkeen haar eie grond gee tussen haar pa se broers, jy moet dit doen. Jy moet vir hulle die grond gee wat hulle pa sou gekry het. “En jy moet vir die Israeliete sê: “Wanneer 'n man sterf en hy het nie 'n seun nie, dan moet julle sy grond vir sy dogter gee. As hy ook nie 'n dogter het nie, dan moet julle sy grond vir sy broers gee. As hy ook nie broers het nie, dan moet julle sy grond vir sy pa se broers gee.
NUMERI 27:5-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe bring Moses hulle regsaak voor die aangesig van die HERE. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Die dogters van Selófhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan. En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan. En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee. En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee.
NUMERI 27:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het hulle saak voor die Here gebring, en die Here het vir hom gesê: “Selofgad se dogters het gelyk. Jy moet beslis vir hulle hulle eie grond tussen dié van hulle pa se familie gee. Gee vir hulle die grond wat hulle pa sou gekry het. “Sê vir die Israeliete: As iemand sterf en hy het nie 'n seun nie, moet julle sy grond aan sy dogter gee. As hy ook nie 'n dogter het nie, gee sy grond vir sy broers. As hy nie broers het nie, gee dit vir sy ooms aan vaderskant.
NUMERI 27:5-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het hulle saak toe voor die HERE gebring. Die HERE het vir Moses gesê: “ Die dogters van Selofgad se versoek is billik. Jy moet beslis vir hulle onvervreembare erfgrond gee tussen hulle vader se broers. Jy moet hulle vader se erfdeel na hulle laat oorgaan. Met die Israeliete moet jy praat en sê, ‘As iemand sterf en hy het nie 'n seun nie, moet julle sy erfdeel na sy dogter laat oorgaan. En as hy nie 'n dogter het nie, moet julle sy erfdeel vir sy broers gee. En as hy nie broers het nie, moet julle sy erfdeel vir sy vader se broers gee.
NUMERI 27:5-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Moses het hulle saak voor die aangesig van die HERE gebring. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Die dogters van Selofhad spreek reg: jy moet hulle sekerlik 'n erfdeel gee onder die broers van hulle vader; en jy moet die erfdeel van hulle vader aan hulle laat oorgaan. En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: As iemand sterf en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel aan sy dogter laat oorgaan. En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee. En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy vader se broers gee.
NUMERI 27:5-10 Die Boodskap (DB)
Moses het die saak aan die Here gestel, en die Here het vir hom gesê: “Selofgad se dogters is reg, jy moet vir hulle grond gee tussen hulle familie. Hulle moet die deel erf wat hulle pa sou kry. Gaan sê ook vir die Israeliete: As iemand doodgaan sonder dat hy seuns het, behoort sy grond aan sy dogters. As hy nie dogters het nie, moet die grond na sy broers toe gaan. As hy nie broers het nie, moet die grond na sy ooms toe gaan aan sy pa se kant van die familie.