NÚMERI 27:5-10

NÚMERI 27:5-10 AFR53

Toe bring Moses hulle regsaak voor die aangesig van die HERE. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Die dogters van Selófhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan. En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan. En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee. En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee.