Numeri 27:5-10

Numeri 27:5-10 AFR20

Moses het hulle saak toe voor die HERE gebring. Die HERE het vir Moses gesê: “ Die dogters van Selofgad se versoek is billik. Jy moet beslis vir hulle onvervreembare erfgrond gee tussen hulle vader se broers. Jy moet hulle vader se erfdeel na hulle laat oorgaan. Met die Israeliete moet jy praat en sê, ‘As iemand sterf en hy het nie 'n seun nie, moet julle sy erfdeel na sy dogter laat oorgaan. En as hy nie 'n dogter het nie, moet julle sy erfdeel vir sy broers gee. En as hy nie broers het nie, moet julle sy erfdeel vir sy vader se broers gee.