Numeri 27:5-10

Numeri 27:5-10 CAB23

En Moses het hulle saak voor die aangesig van die HERE gebring. En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Die dogters van Selofhad spreek reg: jy moet hulle sekerlik 'n erfdeel gee onder die broers van hulle vader; en jy moet die erfdeel van hulle vader aan hulle laat oorgaan. En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: As iemand sterf en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel aan sy dogter laat oorgaan. En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee. En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy vader se broers gee.