NUMERI 13:27-28
NUMERI 13:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het vir Moses gesê: “Ons het na die land gegaan waarnatoe jy ons gestuur het. Dit is 'n land waar daar baie melk en heuning is, hier is van die vrugte van die land. Maar daar is 'n probleem: Die mense wat in die land woon, is sterk en hulle woon in groot stede wat sterk mure het. Ons het ook Enak-mense daar gesien.
NUMERI 13:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte. Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.
NUMERI 13:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het aan Moses gerapporteer en gesê: “Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het. Dit loop oor van melk en heuning, en hier is van sy vrugte. Maar die mense wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot. Ons het ook die nasate van Enak daar gesien.
NUMERI 13:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het vir Moses vertel en gesê: “Ons het in die land aangekom waarheen u ons gestuur het. En verder, dit is 'n land wat oorloop van melk en heuning, en hier is van die land se vrugte. Die volk wat in die land woon, is egter baie sterk. Die stede is versterk en baie groot. Ons het ook afstammelinge van die Enakiete daar gesien.
NUMERI 13:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het hom meegedeel en gesê: Ons het in die land gekom waarheen U ons gestuur het, en dit loop sekerlik van melk en heuning; en dit is die vrug daarvan. Maar die volk wat in die land woon, word sterk, en die stede is ommuur en baie groot; en ons het ook die kinders van Enak daar gesien.
NUMERI 13:27-28 Die Boodskap (DB)
Hulle het vir Moses gesê: “Ons het die land gaan deurkyk soos u beveel het. Dit is beslis ’n wonderlike land met baie potensiaal. Om ’n beeld te gebruik: daar is so baie melk en heuning, dit lyk of dit sommer in strome deur die land vloei. Hier is van die vrugte wat ons teruggebring het om te wys wat ons bedoel. Die enigste probleem is dat die mense wat daar bly, ongelooflik sterk is. Hulle stede is baie groot en is versterk met dik mure om hulle. Ons het ook die Enakiete, die reuse, daar raakgeloop.
NUMERI 13:27-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die mans het aan Moses gerapporteer: “Ons het na die land gaan kyk waarheen jy ons gestuur het. Dit is ’n baie vrugbare land. Hier is van sy vrugte. Die mense wat in die land woon, is egter baie sterk. Hulle het groot stede met verdedigingsmure om. Ons het ook Enak se nageslag daar gesien.