NAHUM 3:8-19
NAHUM 3:8-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Is jy enigsins beter as Tebes, gevestig aan die Nyl, ’n stad omring met riviere, beskut met water aan alle kante? Hulle bron van krag was Etiopië en Egipte, wat gelyk het of hulle geen einde het nie. Put en Libië was hulle bondgenote. Nogtans is Tebes ingeneem en sy inwoners weggevoer as ballinge. Op die straathoeke is hulle babas doodgeslaan. Die lot is gewerp oor belangrike leiers, vernames is met kettings geboei. Nineve, ook jy sal slinger soos ’n dronkaard. Uit vrees vir die vyand sal jy soek na ’n skuiling, na ’n beskerming van die vyand. Al jou vestings is soos vyebome met die eerste ryp vye. Wanneer ’n mens die boom skud, val die vye in die mond van die eter. Kyk na jou soldate, hulle is so swak soos vroue. Jou landsgrense is wawyd oop vir jou vyand. Die sluitbalke van jou poorte is met vuur verbrand. Maak gereed vir die inval! Gaar water op, versterk jou vestings! Gaan staan in die kleiput, brei die klei! Versterk die steenvorms! Daar sal julle deur vuur verteer word, of deur die swaard sneuwel, soos sprinkane wat julle verorber. Vermeerder soos sprinkane, word baie soos treksprinkane! Jou stad is vol handelaars, talryk soos sterre in die hemel. Soos ’n swerm sprinkane stroop hulle die land en vlieg weg. Jou wagte is soos sprinkane, jou beamptes soos treksprinkane. Hulle drom saam op die klipmure om die koue te oorleef. Maar as die son opkom, vlieg hulle weg en niemand weet waarheen nie. Koning van Assirië, jou leiers sluimer, jou vername mense slaap. Jou volk is op die berge versprei, met niemand wat hulle versamel nie. Jou wond kan nie meer genees nie, jou siekte is noodlottig. Almal wat van jou ondergang hoor, klap hulle hande van blydskap. Want wie het nie onder jou wreedheid gely nie?
NAHUM 3:8-19 Bybel vir almal (ABA)
“Nineve, jy is nie beter as die stad No-Amon nie. No-Amon is langs die Nyl-rivier, en daar is water rondom die stad om die stad te beskerm. In die stad was soldate van die land Kus en van Egipte en van Put en van Libië, en daarom was No-Amon baie sterk. Maar die vyande het die mense van No-Amon gevang en weggevat na 'n ander land. Die vyande het die babas doodgemaak in die strate, en hulle het lootjies getrek om te sien wie kry elkeen 'n belangrike mens om sy slaaf te wees. Hulle het die belangrike mense vasgemaak met kettings en hulle weggevat. “Mense van Nineve, julle sal nie weet waar julle is nie, soos dronk mense. Julle sal ook 'n plek soek waar julle kan wegkruip vir julle vyande. Al julle sterk huise is soos ryp vye in vyebome. Wanneer jy die bome skud, dan val die vye in jou mond. So maklik sal julle vyande julle sterk huise vat.” Julle soldate beteken niks. Hulle is soos 'n klomp vroue. Die poorte van julle stad sal oop wees, julle vyande sal die deure in die poorte verbrand. Julle moet genoeg water gaan haal en dit bêre, want julle vyande sal kom wag rondom die stad se mure. Julle moet die stad se sterk mure nog sterker maak. Julle moet bakstene maak van klei. Julle sal brand in die vuur. Die vyande sal julle doodmaak soos sprinkane. Julle het so baie geword soos sprinkane. Julle handelaars was meer as die sterre in die lug, maar hulle is nou weg. Hulle is weg soos sprinkane wat wegvlieg wanneer hulle klaar gevreet het. Die mense wat die stad moes oppas, en die amptenare, is soos sprinkane wat na 'n ander plek vlieg. Die swerms sprinkane sit op die klipmure wanneer dit koud is, maar wanneer dit warm word, dan vlieg hulle weg, en niemand weet waarnatoe hulle gaan nie. Koning van Assirië, die leiers van jou mense slaap. Jou mense het gevlug en hulle is oral op die berge. Daar is niemand wat hulle bymekaarmaak nie. Nineve, die vyande sal jou verwoes, en niemand sal jou weer bou nie. Al die mense sal bly wees, almal wat hoor wat met jou gebeur het. Hulle sal hande klap, want jy het wrede dinge gedoen aan almal.
NAHUM 3:8-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur? Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Putéërs en Líbiërs was jou tot hulp. Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei. Ook jý sal dronk word, beneweld wees, ook jý sal 'n toevlug soek teen die vyand. Al jou vestings is vyebome met voorvye: as 'n mens skud, val hulle in die mond van die eter. Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer. Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm. Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane; al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel — die voetgangers vervel en vlieg weg! Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op 'n koue dag op die heining sit — die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie. Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie. Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?
NAHUM 3:8-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Is jy beter as No-Amon, die stad aan die Nyl, omring deur water, beskut deur massas water? Wat hom sterk gemaak het, was Kus en Egipte, en hulle wás sterk! Sy bondgenote was Put en Libië. Selfs No-Amon het 'n balling geword en is in gevangenskap weggevoer; ook sý babatjies is verpletter op al die straathoeke; sy aansienlikes is uitgeloot, al sy vername manne is met kettings geboei. Ook jý sal dronk raak en beneweld word, ook jý sal soek na 'n skuilplek teen die vyand. Al jou vestings is soos vyebome met ryp voorvye: as die bome geskud word, val die vye in die eter se mond! Jou manskappe is soos vroumense. Die poorte van jou land staan wawyd oop vir jou vyande, vuur verteer jou sluitbalke. Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings; spring in die modder, trap dit tot klei, gryp die steenvorm! Selfs dáár sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou vernietig asof jy 'n sprinkaan is. Word so baie soos sprinkane, vermeerder soos sprinkaanswerms! Jy het mos meer handelaars gehad as wat daar sterre aan die hemel is. Maar as sprinkane vervel het, vlieg hulle weg, en jou wagte is soos treksprinkane, jou bevelhebbers is soos 'n swerm sprinkane wat op die klipmure sit solank dit koud is, maar as die son opkom, vlieg hulle weg en niemand weet waarheen nie! Jou regeerders sluimer, koning van Assirië, jou vername mense slaap, jou manskappe is verstrooi op die berge en daar is niemand wat hulle bymekaarmaak nie. Jy is verwoes, en jy sal nie herstel nie, jou wond is dodelik; almal wat die tyding oor jou verneem, klap hande daaroor, want wie het nie almal voortdurend onder jou wreedhede gely nie?
NAHUM 3:8-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is jy beter as No-Amon, gevestig aan die Nyl en omring deur water, waarvan die voormuur 'n see van water was, waarvan die stadsmuur ook water was? Kus is talryk en ook Egipte, Put en die Libiërs eindeloos in getal, hulle was haar helpers. Selfs sy was bestem vir ballingskap; sy moes in gevangenskap gaan. Ook háár kleuters is verbrysel op al die straathoeke. Oor haar edelmanne is geloot, al haar vername mense is met kettings geboei. Ook jy sal dronk word en verward wees. Ook jy sal 'n toevlugsoord teen vyande soek. Al jou versterkte stede is vyebome met vroeë vye; as die bome geskud word, val die vye in die eter se mond. Kyk, die manskappe in jou midde is soos vrouens. Vir jou vyande staan die poorte van jou land wawyd oop; vuur het jou sluitbalke reeds verteer. Skep maar vir jou water vir die beleg! Versterk maar jou versterkte stede! Gaan kleigat toe en trap die klei! Vat die steenvorm vas! Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou afmaai. Dit sal jou verorber soos voetgangersprinkane. Vermeerder maar soos voetgangersprinkane, word maar so baie soos treksprinkane! Jy het jou handelaars meer gemaak as die sterre aan die hemel, maar voetgangersprinkane vervel en vlieg weg! Die mense aan jou hof is soos treksprinkane, en jou amptenare soos 'n swerm sprinkane wat op 'n koue dag op die mure sit – as die son deurbreek, vlieg hulle weg. Die plek waarheen hulle gaan, is onbekend. Koning van Assirië, jou herders slaap; jou vername mense rus. Jou manskappe is verstrooi oor die berge; niemand bring hulle bymekaar nie. Daar is geen herstel vir jou ineenstorting nie. Jou wond is ongeneeslik. Almal wat die nuus oor jou hoor, sal daaroor hande klap, want wie het nie voortdurend onder jou wreedheid deurgeloop nie?
NAHUM 3:8-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is jy beter as die bevolkte No, wat tussen die riviere geleë was, wat die waters rondom het, wie se walle die see was, en sy muur was van die see af? Etiopië en Egipte was haar sterkte, en dit was oneindig; Put en Lubim was jou helpers. Maar sy is weggevoer, sy het in ballingskap gegaan; ook haar jong kinders is bo-op al die strate verpletter; en hulle het die lot gewerp oor haar eerbare manne, en al haar groot manne is in kettings geboei. Ook sal jy dronk wees; jy sal verborge wees, ook sal jy krag soek vanweë die vyand. Al jou vestings sal wees soos vyebome met eersteryp vye; as hulle geskud word, sal hulle selfs in die mond van die eter val. Kyk, jou volk in jou midde is vroue; die poorte van jou land sal wyd oopgemaak word vir jou vyande; die vuur sal jou grendels verteer. Skep vir jou waters vir die beleëring, versterk jou vestings; gaan in klei en trap die klei, maak die steenoond sterk. Daar sal die vuur jou verteer; die swaard sal jou uitroei, dit sal jou verteer soos 'n kankerwurm; maak jou baie soos die kankerwurm, maak jou baie soos die sprinkane. U het u handelaars vermenigvuldig bo die sterre van die hemel: die kankerwurm verwoes en vlieg weg. Jou kroon is soos die sprinkane, en jou owerstes soos die groot sprinkane wat op die koue dag in die heinings kamp opslaan, maar as die son opkom, vlug hulle weg, en hulle plek is nie bekend waar hulle is nie. U herders sluimer, o koning van Assirië; u edeles sal in die stof woon; u volk is verstrooi op die berge, en niemand versamel hulle nie. Daar is geen genesing van jou kneusplek nie; jou wond is swaar; almal wat die vrugte van jou hoor, sal oor jou hande klap; want op wie het jou boosheid nie gedurigdeur gekom nie?
NAHUM 3:8-19 Die Boodskap (DB)
Nineve, hoe kan jy enigsins dink dat jy beter daaraan toe is as Thebe? Die Egiptiese stad Thebe was dan omring met die water van die Nyl. Dit was soos ’n muur wat die stad aan alle kante beskerm het. Verder het hierdie stad sterk en invloedryke volke in die Midde-Ooste as vriende gehad. En tog is Thebe deur ’n vyand ingeval. Hulle het die mense van die stad gevang en hulle na ’n ander land toe weggevat. Nog erger as dit, die invallers het die klein kindertjies op die straathoeke doodgeslaan. Die soldate het ook lootjies getrek oor wie die belangrike mense van Thebe as hulle slawe gaan kry. Hulle het die leiers met kettings vasgebind. Dieselfde gaan met jou gebeur, Nineve! Jy sal so bang wees dat jy jou dronk sal drink in die hoop dat dit jou sal help. Jy sal ook ’n wegkruipplek probeer kry waar jou vyand jou nie sal kry nie. Dit is maklik om ryp vye van ’n vyeboom af te skud en te eet. Net so maklik sal dit vir die vyand wees om Nineve se wegkruipplekke, wat veronderstel was om veilig te wees, in te neem. Jou soldate sal ook nie dapper wees soos eintlik van hulle verwag word nie. Jou landsgrense sal wyd oop wees soos ’n hek wat afgebrand is. Jou vyande sal baie maklik daar kan inkom. Daar sal niks wees wat in hulle pad staan of hulle keer nie. Maak julle reg, die vyand gaan die stad omsingel! Sorg dat daar genoeg water opgegaar is en maak julle verdedigingsplekke nog sterker. Maak stene van klei wat goed gebrei is. Julle moet ook julle stukkende stadsmuur regmaak. Maar eintlik sal dit nie veel help om al hierdie dinge reg te kry nie. Selfs daar waar julle dink julle is veilig, sal julle doodbrand of in die geveg sterf. Soos sprinkane landerye eet dat daar niks oorbly nie, so sal die vyand met julle klaarspeel. Dit sal julle nie eens help dat julle baie mense is nie. Die handelaars wat met julle besigheid doen, is so baie soos die sterre in die hemel, maar dit sal julle nie regtig help nie. Soos sprinkane sak hulle toe en vat wat hulle kan kry. Maar as hulle klaar is, verdwyn hulle en laat niks agter wat vir ander mense goed is nie. Jou offisiere en jou amptenare is mooiweersvriende. Wanneer hulle iets uit ander mense kan kry wat vir hulle goed is, werk hulle so mooi saam. ’n Mens dink nogal jy kan hulle vertrou. Maar hulle is gou om te verdwyn as hulle dink hulle gaan êrens anders iets beters kry. O koning van Assirië, jy kan nie langer op jou leiers vertrou nie, hulle is almal dood. Die situasie is hopeloos, want jou mense is oraloor verstrooi. Hulle het niemand om hulle te lei nie. Jou omstandighede is soos ’n wond wat nie gesond wil word nie. Uiteindelik gaan ’n mens daarvan dood. Dis die einde, niks kan aan jou omstandighede gedoen word nie. Dit is soos dood. Jou wreedheid het nie grense gehad nie. Baie mense het swaar onder jou wreedheid gely. Vir hulle is die nuus van jou ondergang baie goeie nuus. Hulle is verskriklik bly daaroor!
NAHUM 3:8-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Is jy enigsins beter as Tebes, gevestig aan die Nyl, ’n stad omring met riviere, beskut met water aan alle kante? Hulle bron van krag was Etiopië en Egipte, wat gelyk het of hulle geen einde het nie. Put en Libië was hulle bondgenote. Nogtans is Tebes ingeneem en sy inwoners weggevoer as ballinge. Op die straathoeke is hulle babas doodgeslaan. Die lot is gewerp oor belangrike leiers, vernames is met kettings geboei. Nineve, ook jy sal slinger soos ’n dronkaard. Uit vrees vir die vyand sal jy soek na ’n skuiling, na ’n beskerming van die vyand. Al jou vestings is soos vyebome met die eerste ryp vye. Wanneer ’n mens die boom skud, val die vye in die mond van die eter. Kyk na jou soldate, hulle is so swak soos vroue. Jou landsgrense is wawyd oop vir jou vyand. Die sluitbalke van jou poorte is met vuur verbrand. Maak gereed vir die inval! Gaar water op, versterk jou vestings! Gaan staan in die kleiput, brei die klei! Versterk die steenvorms! Daar sal julle deur vuur verteer word, of deur die swaard sneuwel, soos sprinkane wat julle verorber. Vermeerder soos sprinkane, word baie soos treksprinkane! Jou stad is vol handelaars, talryk soos sterre in die hemel. Soos ’n swerm sprinkane stroop hulle die land en vlieg weg. Jou wagte is soos sprinkane, jou beamptes soos treksprinkane. Hulle drom saam op die klipmure om die koue te oorleef. Maar as die son opkom, vlieg hulle weg en niemand weet waarheen nie. Koning van Assirië, jou leiers sluimer, jou vername mense slaap. Jou volk is op die berge versprei, met niemand wat hulle versamel nie. Jou wond kan nie meer genees nie, jou siekte is noodlottig. Almal wat van jou ondergang hoor, klap hulle hande van blydskap. Want wie het nie onder jou wreedheid gely nie?