MATTEUS 20:32-34
MATTEUS 20:32-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle sê toe vir Hom: “Here, dat ons oë oopgaan.” Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.
MATTEUS 20:32-34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe gaan staan Jesus, roep hulle en vra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle antwoord Hom: “Here, dat ons oë geopen mag word!” Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. En hulle kon onmiddellik sien en het Hom gevolg.
MATTEUS 20:32-34 Die Boodskap (DB)
Jesus stap toe tot by hulle en vra vir hulle: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” “Ag, Here, ons wil so graag sien! Maak asseblief ons oë gesond,” antwoord hulle. Jesus het hulle baie jammer gekry omdat hulle so hulpeloos daar gesit het. Toe vat Hy aan hulle oë. Dadelik kon hulle weer sien. Hulle kon hulle oë nie glo nie. Vol blydskap het hulle daar en dan by die res van die skare ingeval en agter Jesus aangestap.
MATTEUS 20:32-34 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het gaan staan en hulle laat roep. “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” vra Hy vir hulle. Hulle het gesê: “Here, ons wil sien!” Daarop het Jesus hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien, en hulle het agter Hom aan gegaan.
MATTEUS 20:32-34 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het gaan staan en Hy het hulle geroep en gesê: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle sê toe: “Here, ons wil graag sien.” Jesus was baie jammer vir hulle en Hy het aan hulle oë geraak. Die mans kon dadelik sien en hulle het Jesus gevolg.
MATTEUS 20:32-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen? Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word. En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.
MATTEUS 20:32-34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus het stilgestaan en hulle geroep en gesê: Wat wil julle moet Ek aan julle doen? Hulle sê vir Hom: Here, dat ons oë geopen kan word. Toe het Jesus hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.