MATTEUS 15:8-10
MATTEUS 15:8-10 Die Boodskap (DB)
‘Hierdie mense sê al die regte dinge vir God, maar hulle dien Hom nie met hulle hart nie. Hulle gebruik mooi godsdienstige woorde terwyl hulle skewe leerstellings kwytraak.’” Daarna het Jesus die skare nader geroep en vir hulle gesê: “Luister nou goed na wat Ek sê
MATTEUS 15:8-10 Bybel vir almal (ABA)
“ Hierdie volk sê hulle respekteer My, maar dit is nie waar nie, hulle harte is ver van my. Dit help niks om God so te dien nie. Want hulle leer vir die mense wette wat hulle self gemaak het en dan sê hulle dit is God se wette.” Jesus het die mense na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Julle moet luister, sodat julle kan verstaan wat Ek sê.
MATTEUS 15:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!
MATTEUS 15:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. ” Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan!
MATTEUS 15:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af; tevergeefs vereer hulle My, want hulle onderrig as leerstellings die voorskrifte van mense.’ ” Jesus het die skare nader geroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan dan
MATTEUS 15:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met hulle lippe; maar hulle hart is ver van my af. Maar tevergeefs aanbid hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. En Hy het die skare geroep en vir hulle gesê: Hoor en verstaan!
MATTEUS 15:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
‘Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Hulle godsdiens is blote skyn, want hulle hou menslike voorskrifte voor as wette van God.’” Daarop het Jesus die skare nadergeroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan goed.