LUKAS 18:18-43
LUKAS 18:18-43 Bybel vir almal (ABA)
'n Leier van die Jode het vir Jesus gesê: “U is 'n goeie leermeester. Sê vir my wat moet ek doen om die ewige lewe te kry.” Maar Jesus het vir hom gesê: “Hoekom sê jy Ek is goed? Net God is goed, niemand anders nie. Jy weet wat God in sy tien gebooie gesê het: ‘ Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie oor ander mense lieg nie, jy moet jou ouers respekteer.’ ” Die man het vir Jesus gesê: “Vandat ek klein was, het ek alles gedoen wat God se wette sê.” Toe Jesus dit hoor, het Hy vir hom gesê: “Jy moet nog een ding doen: Gaan verkoop alles wat jy het en deel die geld uit vir die arm mense. Dan sal jy ryk wees in die hemel. Kom dan hier en gaan saam met My.” Die man het baie hartseer geword toe hy hoor wat Jesus sê, want hy was baie ryk. Toe Jesus sien hoe hartseer die ryk man word, het Hy gesê: “Ryk mense sal nie maklik inkom waar God Koning is nie. 'n Ryk man sal moeilik inkom waar God Koning is, 'n kameel sal makliker deur die oog van 'n naald kan gaan.” Die mense wat dit gehoor het, sê toe: “As dit so is, wie sal kan inkom waar God Koning is?” Jesus het lank na hulle gekyk en Hy het gesê: “Mense kan nie self daar inkom nie, net God kan hulle laat inkom. God kan alles doen wat Hy wil doen.” Petrus het vir Jesus gesê: “Kyk na ons, ons het ons mense en ons goed gelos en ons gaan saam met U.” Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand sy huis los of sy vrou of sy broers of sy ouers of sy kinders omdat hy gehoorsaam is aan God wat Koning is, dan sal hy baie meer terugkry. Hy sal baie terugkry nou, in hierdie tyd. Maar daar kom 'n nuwe tyd, en dan sal hy die ewige lewe kry.” Jesus het met die twaalf dissipels gepraat. Hy het vir hulle gesê: “Luister, ons gaan na Jerusalem, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar met My gebeur. Die Joodse leiers sal My vir die heidene gee, en die heidene sal My spot en sleg van My praat en op My spoeg en My met 'n sweep slaan en My doodmaak. Maar op die derde dag sal Ek weer lewe.” Die dissipels het niks verstaan wat Jesus gesê het nie. God het hulle nie laat verstaan wat hierdie woorde beteken nie. Hulle kon dit nie verstaan nie. Toe Jesus naby die stad Jerigo kom, was daar 'n blinde man wat langs die pad gesit en bedel het. Die blinde man het gehoor toe baie mense daar verbygaan, en hy het gevra wat daar gebeur. Hulle het vir hom gesê dit is Jesus van Nasaret wat verbygaan. Toe begin die blinde man skree: “Jesus, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!” Die mense wat voor geloop het, het met hom geraas en gesê hy moet stilbly, maar hy het aangehou en nog harder geskree: “Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!” Jesus het gaan staan en Hy het gesê hulle moet die blinde man na Hom toe bring. Toe die man nader kom, vra Jesus vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En die blinde man antwoord: “Meneer, ek wil sien!” Jesus het vir hom gesê: “Kyk, jy sien nou! Jy sien, want jy het geglo.” Die blinde man kon dadelik sien, en hy het Jesus gevolg terwyl hy God prys. Toe die mense dit sien, het almal God geprys oor wat Jesus gedoen het.
LUKAS 18:18-43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN 'n sekere owerste vra Hom en sê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? En Jesus antwoord hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God. Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreek nie; jy mag nie doodslaan nie; jy mag nie steel nie; jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en jou moeder. En hy sê: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou — verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk. En toe Jesus sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan. Want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word? Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik. Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God, wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom. EN Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word. Want Hy sal oorgelewer word aan die heidene en bespot en mishandel word, en op Hom sal gespuug word; en nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan. Maar hulle het niks hiervan begryp nie, en hierdie woord was vir hulle bedek, en hulle het nie verstaan wat gesê is nie. EN terwyl Hy naby Jérigo kom, sit daar 'n blinde man langs die pad en bedel; en toe hy 'n skare hoor verbygaan, vra hy wat dit is. En hulle vertel hom: Jesus die Nasaréner gaan verby. Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig! En die wat voor loop, bestraf hom dat hy moet stilbly. Maar hy het al harder uitgeroep: Seun van Dawid, wees my barmhartig! En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien. En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered. En onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God verheerlik. En toe die hele volk dit sien, het hulle aan God die lof gegee.
LUKAS 18:18-43 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Man van aansien het aan Jesus die vraag gestel: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus het geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe God alleen. Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie, eer jou vader en moeder.” Maar hy antwoord: “Al hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou.” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: “Een ding kom jy nog kort: gaan verkoop alles wat jy het, en deel die geld aan die armes uit. Dan sal jy 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My.” Toe hy dit hoor, was hy diep teleurgesteld, want hy was baie ryk. Toe Jesus sien dat hy teleurgesteld is, sê Hy: “Hoe moeilik is dit tog vir mense wat ryk is, om in die koninkryk van God te kom. Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.” Dié wat dit gehoor het, sê toe: “Maar wie kan dan gered word?” Daarop antwoord Hy: “Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik.” Toe sê Petrus: “Kyk, óns het van ons besittings afgesien en U gevolg.” En Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie, of hy ontvang in hierdie tyd al baie keer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe.” Jesus het die twaalf opsy geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar bewaarheid word. Hy sal uitgelewer word aan die heidene; Hy sal bespot en beledig word; hulle sal op Hom spoeg, Hom gesel en Hom daarna doodmaak. En op die derde dag sal Hy uit die dood opstaan.” Maar van hierdie dinge het hulle niks begryp nie. Die woorde was vir hulle duister, en hulle het nie verstaan waaroor Hy praat nie. Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby.” Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.” Jesus sê vir hom: “Goed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.” En onmiddellik kon hy sien, en hy het Jesus gevolg en God geprys. Ook al die mense wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.
LUKAS 18:18-43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Sekere maghebber het Hom gevra: “Goeie Meester, wat moet ek doen, sodat ek die ewige lewe kan erf?” Jesus het hom geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, en dit is God! Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuig nie; eer jou vader en jou moeder. ” Hy antwoord: “Dit alles het ek van jongs af nagekom.” Toe Jesus dit hoor, sê Hy vir die man: “Een ding ontbreek jou nog: Verkoop alles wat jy het en deel dit onder die armes uit, en jy sal 'n skat in die hemele hê. En jy, kom hier, volg My.” Toe die man dit egter hoor, het hy baie bedroef geword, want hy was skatryk. Toe Jesus sien hoe bedroef die man word, het Hy gesê: “Hoe moeilik is dit tog vir hulle wat rykdom het, om in te gaan in die •koninkryk van God; want dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk mens om in die koninkryk van God in te gaan.” Die mense wat dit gehoor het, sê toe: “Wie kan dan gered word?” En Hy antwoord: “Wat onmoontlik is by mense, is by God moontlik.” Daarop sê •Petrus: “Kyk, ons het ons besittings agtergelaat en U gevolg.” Jesus het hulle geantwoord: “•Amen, Ek sê vir julle: Daar is niemand wat, ter wille van die koninkryk van God, huis of vrou of broers of ouers of kinders agtergelaat het, wat nie in hierdie tyd veel meer sal ontvang nie – én in die bedeling wat kom, die ewige lewe.” Hy het die twaalf opsy geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete oor die •Seun van die Mens geskryf is, sal vervul word. Want Hy sal aan die heidene oorgelewer word, Hy sal bespot en beledig word, en daar sal op Hom gespuug word. En nadat hulle Hom gegesel het, sal hulle Hom doodmaak, maar op die derde dag sal Hy opstaan.” Hulle het egter niks hiervan verstaan nie. Die betekenis van hierdie uitspraak was vir hulle verborge, en hulle het nie begryp wat Hy gesê het nie. Toe Jesus in die omgewing van Jerigo kom, sit daar langs die pad 'n blinde man en bedel. Toe hy die skare hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. Hulle het vir hom gesê dat Jesus, die Nasarener, daar verbyloop. Toe roep hy hardop uit: “Jesus, •Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Die mense wat voor geloop het, het hom berispe dat hy moet stilbly, maar hy het net al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!” Jesus het gaan staan en beveel dat hy na Hom gebring word. Toe hy nader kom, vra Jesus hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En hy het geantwoord: “Here, dat ek kan sien.” Jesus het vir hom gesê: “Sien weer! Jou geloof het jou gered. ” En onmiddellik kon hy sien. Hy het Jesus gevolg en God geprys. Die hele volk wat dit gesien het, het God geloof.
LUKAS 18:18-43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En 'n sekere owerste het Hom gevra en gesê: Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? niemand is goed nie, behalwe een, dit is God. U ken die gebooie: Moenie egbreuk pleeg nie, moenie doodslaan nie, moenie steel nie, gee geen valse getuienis nie, eer jou vader en jou moeder. En hy sê: Dit alles het ek bewaar van my jeug af. En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hom: Nog een ding ontbreek jou: verkoop alles wat jy het en deel dit uit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; en kom, volg My. En toe hy dit hoor, was hy baie bedroef, want hy was baie ryk. En toe Jesus sien dat Hy baie bedroef was, sê Hy: Hoe beswaarlik sal die wat rykdom het, in die koninkryk van God ingaan! Want dit is makliker vir 'n kameel om deur 'n naald se oog te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. En die wat dit gehoor het, het gesê: Wie kan dan gered word? En hy sê: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik. Toe sê Petrus: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is geen man wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God nie. Wat nie veel meer sal ontvang in hierdie huidige tyd en in die toekomstige wêreld die ewige lewe nie. Toe het hy die twaalf na Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is aangaande die Seun van die mens, sal volbring word. Want hy sal aan die heidene oorgelewer word, en daar sal bespot en bespot en op hom bespoeg word. En hulle sal hom gésel en hom doodmaak, en op die derde dag sal hy opstaan. En hulle het niks van hierdie dinge verstaan nie, en hierdie woord was vir hulle verborge, en hulle het nie geweet wat gespreek is nie. En toe hy naby Jerigo kom, het 'n sekere blinde man langs die pad gesit en bedel. En toe hy die skare hoor verbygaan, vra hy wat dit beteken. En hulle het hom meegedeel dat Jesus van Nasaret verbygaan. En hy het uitgeroep en gesê: Jesus, Seun van Dawid, wees my genadig. En die wat voor gegaan het, het hom bestraf, dat hy moes swyg; maar hy het des te meer geroep: Seun van Dawid, wees my genadig! En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na hom gebring moes word; en toe hy nader kom, vra hy hom: en gesê: Wat wil jy hê moet ek aan jou doen? En hy sê: Here, dat ek kan sien. En Jesus sê vir hom: Word jou aanskou; jou geloof het jou gered. En dadelik het hy gesien en Hom gevolg en God verheerlik; en toe die hele volk dit sien, het hulle God geprys.
LUKAS 18:18-43 Die Boodskap (DB)
Op ’n dag het ’n baie belangrike man vir Jesus gesê: “Goeie Leermeester, sê my, wat moet ek doen sodat ek vir altyd in God se wêreld kan bly?” “Vir wat kom spreek jy My hier voor almal aan as ‘goeie Leermeester’?” het Jesus vinnig gereageer. “Jy weet mos dat daar net Een is wat regtig goed is: God. Maar nou ja, jy moet God se voorskrifte gehoorsaam. En jy ken tog al God se voorskrifte: jy mag nie met iemand buite jou huwelik ’n seksuele verhouding hê nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie leuens vertel nie, en jy moet respek hê vir jou pa en ma.” “Ag wat, ek doen al daardie dinge van kleins af,” sê die man. Daarop antwoord Jesus: “Wel, dan is daar nog net een klein dingetjie wat jy moet doen. Gaan verkoop al jou besittings. Gee dan al die geld vir die armes. Laat staan alles waarmee jy besig is en word een van my volgelinge. As jy dit doen, het jy vir jou ’n kosbare skat in die hemel bymekaargemaak. Dan sal jy definitief ’n plek in God se nuwe wêreld kry.” Hierdie woorde het die man baie omgekrap, want hy was skatryk. Hy was nie van plan om alles wat hy het aan sy familie en aan die armes uit te deel nie. Toe Jesus agterkom hoe omgekrap die ryk man is, sê Hy vir sy dissipels: “Sien julle, dis glad nie maklik vir iemand wat ryk is om ’n plek in God se nuwe wêreld te kry nie. Dit is selfs vir ’n groot kameel makliker om deur die klein gaatjie van ’n naald te stap as wat dit vir ’n ryk persoon is om sy voete in God se nuwe wêreld te sit.” Die omstanders was verbysterd oor hierdie woorde. Hulle vra Hom toe: “Maar wie op aarde kan dan gered word?” Jesus sê toe vir hulle: “Ja, julle is reg. Op julle eie kan julle nooit daar uitkom nie. Maar God kan enigiets doen. Vertrou op Hom.” Maar Petrus was nog nie tevrede nie: “Wag ’n bietjie, Here! Sê asseblief reguit vir ons wat ons kans is om daar uit te kom. Kyk, ons het immers al ons besittings verkoop en u volgelinge geword.” “Ek het baie goeie nuus vir julle!” het Jesus dadelik geantwoord. “Ek gee julle vandag die versekering dat almal wat iets groots moes opoffer om te doen wat God vra, definitief ’n plek in sy nuwe wêreld sal kry. As jy jou familie moet opoffer omdat jy in My glo, sal jy daarvoor vergoed word. Sommer nou al. Ja, jy sal elke dag oorlaai word met God se goedheid. En jy sal vir seker ook ’n plek kry in sy nuwe wêreld.” Op ’n dag het Jesus die twaalf dissipels eenkant toe geroep. Hy sê toe vir hulle: “Julle weet dat ons op pad is Jerusalem toe. Ek moet soontoe gaan om alles te laat waar word wat daar in die Bybel oor die Seun van die mens geskryf is. Daar in Jerusalem gaan ’n spul ongelowiges My vang. Hulle sal My voor almal spot en beledig en slaan. Uiteindelik sal hulle My ook doodmaak. Maar moenie bekommerd wees nie; die dood is nie sterk genoeg om My vir altyd in sy greep vas te hou nie. Ek sal op die derde dag weer lewendig word.” Die dissipels het egter niks verstaan van wat Jesus vir hulle sê nie. Die tyd was nog nie reg dat hulle dit alles sou verstaan nie. Later, toe Jesus naby Jerigo kom, sit daar ’n blinde langs die pad en bedel. Die man het agtergekom ’n groot klomp mense stap by hom verby. “Wat is aan die gang?” vra hy toe. “Jesus van Nasaret gaan hier verby,” het iemand geantwoord. Die blinde man het dadelik hard begin skree: “Jesus, Seun van Dawid, kry my jammer, asseblief!” Maar die mense het vir hom gesê: “Bly stil! Hou op om so te skree!” Dit het nie gehelp nie. Die blinde het net nog harder geskree: “Jesus, Seun van Dawid, kry my jammer, asseblief!” Jesus gaan staan toe stil en sê vir die mense: “Bring daardie man wat so skree na My toe.” Toe die blinde naby Jesus kom, vra Hy hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Ag, Here, ek wil so graag sien!” antwoord hy. “Nou toe, sien dan! Jou wens het waar geword omdat jy glo,” het Jesus gesê. Dadelik kon die man weer sien. Hy kon sy oë nie glo nie. Vol blydskap het hy by die res van die skare ingeval en agter Jesus begin aanstap. Hy het oor en oor vir God dankie gesê omdat Hy so goed vir hom is. Die mense was net so opgewonde. Hulle het ook God se Naam grootgemaak oor wat gebeur het.
LUKAS 18:18-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Iemand uit die geledere van die geestelike leiers het aan Jesus gevra: “Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërf?” Jesus het gereageer: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, dit is God. Jy ken mos die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie; jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie vals getuienis aflê nie, en eer jou vader en jou moeder.” Hy het geantwoord: “Al hierdie dinge het ek nagekom van kleins af.” Toe Jesus dit hoor, het Hy vir die man gesê: “Tog is daar een ding wat by jou kortkom: Verkoop alles wat jy besit en gaan deel die opbrengs aan die armes uit, en jy sal ’n skat in die hemel hê. Kom dan hierheen en word my dissipel.” Toe hy dit hoor, het die man baie afgehaal gevoel, want hy was skatryk. Toe Jesus sien dat hy so afgehaal lyk, sê Hy: “Hoe moeilik is dit tog nie vir mense wat ryk is aan aardse besittings om aan die koninkryk van God deel te kry nie! Want dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryke om aan die koninkryk van God deel te kry.” Die mense wat dit gehoor het, sê toe: “Wie is dan in staat om verlos te word?” Jesus het gereageer: “Dié dinge wat by mense onmoontlik is, is juis by God moontlik.” Petrus sê toe daarop: “Kyk, ons het ons eie besittings prysgegee en U gevolg.” Jesus het geantwoord: “Ek verseker julle, daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God hulle huis of vrou of broers of ouers of kinders prysgegee het, wat nie soveel keer meer in hierdie tyd ontvang nie, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe.” Jesus het die twaalf eenkant geneem en vir hulle gesê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe en alles wat deur die profete opgeteken is oor die Seun van die Mens sal volledig vervul word. Hy sal uitgelewer word aan die nie-Jode en bespot, beledig en ook op gespoeg word. En nadat hulle Hom gegésel het, sal hulle Hom doodmaak. Op die derde dag sal Hy egter weer opstaan.” Hulle het egter niks hiervan verstaan nie. Hierdie verduideliking was vir hulle verberg en hulle het nie begryp wat Hy sê nie. Jesus het in die omgewing van Jerigo aangekom. ’n Blinde man het langs die pad gesit en bedel. Toe hy die skare hoor wat verbyloop, het hy probeer uitvind wat aan die gang is. Hulle het hom toe vertel dat Jesus van Nasaret besig is om verby te loop. Die blinde het hard uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!” Die mense wat vooruit geloop het, het hom bestraf om hom stil te kry, maar hy het eerder nog harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!” Jesus het gaan staan en opdrag gegee dat die man na Hom toe gebring moes word. Soos hy naderbeweeg, vra Jesus vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Sy antwoord was: “Here, dat ek net weer kan sien!” Jesus het hom geantwoord: “Sien weer! Jou geloof het jou gered.” Eensklaps het die man weer gesien; hy het Jesus gevolg en God geloof. Die hele volk wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.