JOSUA 24:7-15

JOSUA 24:7-15 Die Boodskap (DB)

het hulle my hulp gevra om daar deur te trek. Ek het dit toe donker laat word tussen hulle en die Egiptenaars. Julle het met julle eie oë gesien hoe Ek die Egiptenaars in die Rietsee laat verdrink het. Daarna het Ek julle in die woestyn laat intrek, waar julle lank gebly het. “Toe het Ek julle in die Amoriete se land, aan die oostekant van die Jordaan, laat intrek. Hulle wou teen julle oorlog maak, maar Ek het klaar vir julle die oorwinning gegee. Julle kon hulle land vir julle vat. Daarna wou die koning van Moab, Balak die seun van Sippor, teen julle oorlog maak. Hy het toe vir Bileam die seun van Beor gevra om julle te vervloek. Maar Ek het nie na Bileam geluister nie. Trouens, Ek het hom gedwing om julle te seën en so het Ek julle van Balak verlos. “Van daar af het julle deur die Jordaan getrek tot by Jerigo, waar hulle teen julle oorlog gemaak het. Buiten hulle was daar ook die Amoriete, die Feresiete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Girgasiete, die Hewiete en die Jebusiete wat teen julle oorlog gemaak het. Maar deur my toedoen het julle hulle almal verslaan. Daarom, toe die twee Amoritiese konings hoor dat julle op pad is, het hulle klaar moed opgegee. Dit was nie omdat hulle bang was vir julle swaarde en pyle en boë nie, maar omdat Ek aan julle kant was. Ek het vir julle ’n land gegee waarvan julle nie die lande bewerk het of die stede gebou het nie. Vandag bly julle in daardie stede en eet julle druiwe van wingerde en olywe van olyfbome wat julle nie self geplant het nie. “Daarom,” het Josua gesê, “eer nou die Here en dien Hom met alles binne-in julle. Raak ontslae van die afgode wat julle voorouers in Mesopotamië en in Egipte gedien het en dien die Here! As julle nie bereid is om die Here voluit te dien nie, besluit dan hier en nou wie julle wil dien: die gode wat julle voorouers in Mesopotamië aanbid het of die gode van die Amoriete, in wie se land julle nou bly. Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.”

JOSUA 24:7-15 Bybel vir almal (ABA)

Julle voorvaders het tot die Here geroep en gevra dat Hy hulle moet help. Toe het die Here dit donker laat word tussen julle en die Egiptenaars, en Hy het die see oor hulle laat vloei sodat die water hulle toegemaak het. Julle het self gesien wat Ek met die Egiptenaars gedoen het. Ná daardie tyd het julle baie lank in die woestyn gebly. Toe het Ek julle gebring na die land van die Amoriete. Die Amoriete het oos van die Jordaan-rivier gewoon. Hulle het oorlog gemaak teen julle, en Ek het julle laat wen teen hulle. Julle het hulle land gevat, en Ek het hulle laat sterf om plek te maak vir julle. Toe het Balak seun van Sippor, koning van Moab, besluit om oorlog te maak teen die Israeliete. Hy het vir Bileam seun van Beor laat haal om julle te vervloek. Maar Ek wou nie doen wat Bileam gevra het nie, Ek het gesê hy moet julle seën. Ek het julle gered van Balak. Julle het oor die Jordaan-rivier gegaan en by die stad Jerigo gekom. Die mense van Jerigo het oorlog gemaak teen julle. Dit was die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete en Hewiete en Jebusiete. Maar Ek het julle laat wen teen hulle. Dit was nie júlle wapens wat hulle oorwin het nie. Ék het hulle bang laat word, en hulle het gevlug soos die twee konings van die Amoriete. Ek het vir julle 'n land gegee waar julle nie gewerk het nie en stede wat julle nie self gebou het nie. Julle het daar gaan woon en julle het druiwe en olywe geëet van wingerdstokke en olyfbome wat julle nie geplant het nie. Daarom, julle moet die Here dien, julle moet dit altyd en eerlik doen. Julle moet die gode los wat julle voorvaders anderkant die Eufraat-rivier en in Egipte gedien het en julle moet die Here dien. Maar as julle besluit julle wil nie die Here dien nie, dan moet julle vandag kies vir wie julle wil dien. Wil julle die gode dien wat julle voorvaders anderkant die Eufraat-rivier gedien het? Julle woon nou in die Amoriete se land. Wil julle húlle gode dien? Maar ek en my familie sal die Here dien.”

JOSUA 24:7-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

maar hulle het die HERE aangeroep, en Hy het 'n duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaars en die see oor hulle laat kom, sodat dit hulle oordek het, en julle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het. Daarna het julle baie dae in die woestyn gebly. Daarop het Ek julle gebring in die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul land in besit geneem het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg. Toe het Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, hom klaargemaak en teen Israel geveg; en hy het gestuur om Bíleam, die seun van Beor, te roep om julle te vervloek; maar Ek wou nie na Bíleam luister nie, sodat hy julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered. Toe julle die Jordaan deurgetrek en by Jérigo gekom het, het die burgers van Jérigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek het hulle in julle hand gegee en perdebye voor julle uit gestuur, wat hulle voor julle uit verdryf het, — die twee konings van die Amoriete — nie deur jou swaard en nie deur jou boog nie. So het Ek julle dan 'n land gegee waar julle nie aan gearbei en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle daarin kan woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van. Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

JOSUA 24:7-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

Julle voorvaders het na My geroep om hulp, en Ek het dit donker laat word tussen julle en die Egiptenaars en die see oor die Egiptenaars laat kom sodat dit hulle bedek het. Julle eie oë het gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het. Daarna het julle lank in die woestyn gebly. “Toe het Ek julle gebring na die land van die Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het. Hulle het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle mag oorgegee sodat julle hulle land in besit kon neem. Ek het hulle uitgeroei om vir julle plek te maak. “Toe Balak seun van Sippor en koning van Moab teen Israel oorlog wou maak, het hy vir Bileam seun van Beor laat roep om 'n vloek oor julle uit te spreek. Maar Ek het nie na Bileam geluister nie, en hy moes julle teen wil en dank seën. So het Ek julle gered uit die hande van Balak. “Julle het deur die Jordaan getrek en by Jerigo gekom. Die mense wat in besit was van Jerigo, die Amoriete, Feresiete, Kanaäniete, Hetiete, Girgasiete, Hewiete en Jebusiete, het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle mag oorgegee. Ek het al vantevore die twee Amoritiese konings laat moed verloor, en dít het hulle voor julle uit verdryf, nie julle swaarde en julle pyl en boë nie. “Ek het julle 'n land gegee wat julle nie bewerk het nie, stede wat julle nie gebou het nie, maar waar julle kon gaan woon; julle eet van wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie. “Betoon dan nou eerbied aan die Here en dien Hom met opregtheid en met trou. Sien af van die gode wat julle voorvaders anderkant die Eufraat en in Egipte gedien het, en dien die Here. Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”

JOSUA 24:7-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Hulle het na die HERE om hulp geroep, en Hy het dit donker laat word tussen julle en die Egiptenare. Hy het die see oor hulle laat kom en dit het hulle bedek. Julle het met julle eie oë gesien wat Ek in Egipte gedoen het. Daarna het julle vir 'n lang tyd in die woestyn gebly; en toe het Ek julle ingebring in die land van die Amoriete, wat oorkant die Jordaan gewoon het. Hulle het teen julle geveg, maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hulle land in besit geneem het. Ek het hulle voor julle verdelg. Toe het Balak, seun van Sippor, die koning van Moab, gereedgemaak en teen Israel geveg. Hy het Bileam, seun van Beor, ontbied om julle te vervloek. Ek wou egter nie na Bileam luister nie, en hy het julle toe net geseën. So het Ek julle uit sy hand gered. Julle het toe die Jordaan oorgesteek en by Jerigo aangekom. Die burgers van Jerigo, die Amoriete, die Feresiete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete, het teen julle oorlog gemaak, maar Ek het hulle in julle hand gegee. Ek het 'n vlaag paniek voor julle uit gestuur en dit het hulle, die twee konings van die Amoriete, voor julle uitgedryf. Dit was nie deur julle swaarde en boë nie. Ek het vir julle land gegee waarvoor julle nie hard gewerk het nie, dorpe wat julle nie gebou het nie, waar julle woon, en wingerde en olyfboorde wat julle nie geplant het nie, maar waarvan julle eet.’ “ Daarom dan, julle moet ontsag hê vir die HERE; dien Hom met opregtheid en getrouheid. Verwyder die gode wat julle voorvaders anderkant die Rivier en in Egipte gedien het, en dien die HERE. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies julle dan vandag wie julle wil dien, óf die gode anderkant die Rivier wat julle voorouers gedien het, óf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.”

JOSUA 24:7-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En toe hulle die HERE aanroep, het Hy duisternis tussen julle en die Egiptenaars gestel en die see oor hulle gebring en hulle bedek; en julle oë het gesien wat Ek in Egipte gedoen het, en julle het 'n lang tyd in die woestyn gewoon. En Ek het julle gebring in die land van die Amoriete wat oorkant die Jordaan gewoon het; en hulle het teen julle geveg; en Ek het hulle in julle hand gegee, dat julle hulle land in besit kan neem; en Ek het hulle voor jou uit verdelg. Toe het Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, opgestaan en teen Israel oorlog gevoer en gestuur en Bíleam, die seun van Beor, geroep om jou te vervloek. Maar ek wou nie na Bíleam luister nie; daarom het Hy jou nog geseën; daarom het Ek jou uit sy hand gered. En julle het deur die Jordaan getrek en by Jérigo aangekom, en die manne van Jérigo het teen julle geveg, die Amoriete en Feresiete en die Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete; en Ek het hulle in jou hand gegee. En Ek het die perdebye voor jou uit gestuur, wat hulle voor jou uit verdryf het, naamlik die twee konings van die Amoriete; maar nie met jou swaard of met jou boog nie. En Ek het aan julle 'n land gegee waarvoor julle nie gewerk het nie, en stede wat julle nie gebou het nie, en julle daarin woon; van die wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, eet julle. Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid; en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die vloed en in Egipte; en dien die HERE. En as dit in julle oë sleg is om die HERE te dien, kies vir julle vandag wie julle wil dien; of die gode wat julle vaders gedien het wat oorkant die vloed was, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

JOSUA 24:7-15 Die Boodskap (DB)

het hulle my hulp gevra om daar deur te trek. Ek het dit toe donker laat word tussen hulle en die Egiptenaars. Julle het met julle eie oë gesien hoe Ek die Egiptenaars in die Rietsee laat verdrink het. Daarna het Ek julle in die woestyn laat intrek, waar julle lank gebly het. “Toe het Ek julle in die Amoriete se land, aan die oostekant van die Jordaan, laat intrek. Hulle wou teen julle oorlog maak, maar Ek het klaar vir julle die oorwinning gegee. Julle kon hulle land vir julle vat. Daarna wou die koning van Moab, Balak die seun van Sippor, teen julle oorlog maak. Hy het toe vir Bileam die seun van Beor gevra om julle te vervloek. Maar Ek het nie na Bileam geluister nie. Trouens, Ek het hom gedwing om julle te seën en so het Ek julle van Balak verlos. “Van daar af het julle deur die Jordaan getrek tot by Jerigo, waar hulle teen julle oorlog gemaak het. Buiten hulle was daar ook die Amoriete, die Feresiete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Girgasiete, die Hewiete en die Jebusiete wat teen julle oorlog gemaak het. Maar deur my toedoen het julle hulle almal verslaan. Daarom, toe die twee Amoritiese konings hoor dat julle op pad is, het hulle klaar moed opgegee. Dit was nie omdat hulle bang was vir julle swaarde en pyle en boë nie, maar omdat Ek aan julle kant was. Ek het vir julle ’n land gegee waarvan julle nie die lande bewerk het of die stede gebou het nie. Vandag bly julle in daardie stede en eet julle druiwe van wingerde en olywe van olyfbome wat julle nie self geplant het nie. “Daarom,” het Josua gesê, “eer nou die Here en dien Hom met alles binne-in julle. Raak ontslae van die afgode wat julle voorouers in Mesopotamië en in Egipte gedien het en dien die Here! As julle nie bereid is om die Here voluit te dien nie, besluit dan hier en nou wie julle wil dien: die gode wat julle voorouers in Mesopotamië aanbid het of die gode van die Amoriete, in wie se land julle nou bly. Wat my en my gesin betref, ons het ons keuse klaar gemaak, ons gaan die Here dien.”

JOSUA 24:7-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Julle vaders het na die HERE geroep om hulle te help. Ek het dit donker laat word tussen julle en die Egiptenaars. Ek het die see oor die Egiptenaars laat spoel en hulle het daarin verdwyn. Julle het met julle eie oë gesien wat Ek met die Egiptenaars gedoen het. Daarna het julle baie lank in die woestyn vertoef. “Ek het julle toe in die land van die Amoriete laat kom wat oos van die Jordaan gewoon het. Hulle het teen julle oorlog gemaak. Ek het julle egter die oorwinning oor hulle gegee. Julle het hulle land ingeneem. Ek het hulle uitgewis om vir julle plek te maak. “Toe het Balak, die seun van Sippor en koning van Moab, begin oorlog maak teen Israel. Hy het Bileam, die seun van Beor, laat kom om julle te vervloek. Ek wou nie na Bileam luister nie. Ek het gesorg dat hy julle eerder seën. Ek het julle uit Balak se mag gered. “Julle het toe deur die Jordaan getrek en by Jerigo uitgekom. Die mense van Jerigo het teen julle geveg. Ook die Amoriete, Feresiete, Kanaäniete, Hetiete, Girgasiete, Hewiete en Jebusiete het teen julle oorlog gemaak. Ek het egter almal van hulle in julle mag oorgegee. Ek het die twee Amoritiese konings voor julle uit verdryf. Julle het hulle nie met julle swaarde en julle boë oorwin nie. “Ek het julle ’n land gegee waarvan julle nie die grond bewerk het nie, en ook nie sy stede gebou het nie. Julle bly nou daarin en julle leef van wingerde en olyfboorde wat julle nie self geplant het nie. “Eer nou die HERE en aanbid Hom met volle oorgawe en met getrouheid. Laat vaar die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat en in Egipte aanbid het. Dien die HERE. As julle nie die HERE wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle dan wil aanbid. Is dit die gode wat julle voorouers anderkant die Eufraat gedien het, of is dit die gode van die Amoriete in wie se land julle nou woon? Ek en my huisgesin sal die HERE aanbid.”