En toe hulle die HERE aanroep, het Hy duisternis tussen julle en die Egiptenaars gestel en die see oor hulle gebring en hulle bedek; en julle oë het gesien wat Ek in Egipte gedoen het, en julle het 'n lang tyd in die woestyn gewoon. En Ek het julle gebring in die land van die Amoriete wat oorkant die Jordaan gewoon het; en hulle het teen julle geveg; en Ek het hulle in julle hand gegee, dat julle hulle land in besit kan neem; en Ek het hulle voor jou uit verdelg. Toe het Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, opgestaan en teen Israel oorlog gevoer en gestuur en Bíleam, die seun van Beor, geroep om jou te vervloek. Maar ek wou nie na Bíleam luister nie; daarom het Hy jou nog geseën; daarom het Ek jou uit sy hand gered. En julle het deur die Jordaan getrek en by Jérigo aangekom, en die manne van Jérigo het teen julle geveg, die Amoriete en Feresiete en die Kanaäniete en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete; en Ek het hulle in jou hand gegee. En Ek het die perdebye voor jou uit gestuur, wat hulle voor jou uit verdryf het, naamlik die twee konings van die Amoriete; maar nie met jou swaard of met jou boog nie. En Ek het aan julle 'n land gegee waarvoor julle nie gewerk het nie, en stede wat julle nie gebou het nie, en julle daarin woon; van die wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, eet julle. Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid; en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die vloed en in Egipte; en dien die HERE. En as dit in julle oë sleg is om die HERE te dien, kies vir julle vandag wie julle wil dien; of die gode wat julle vaders gedien het wat oorkant die vloed was, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
Lees Josua 24
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Josua 24:7-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's