JOB 37:1-24

JOB 37:1-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“As ek hieraan dink, bons en bewe my hart in my. Luister na God se stem in die donderweer as dit voortrol van Hom af. Dit rol deur die ganse hemel. Sy weerlig slaan in alle rigtings. Dan kom die gebrul van die donderweer, die geweldige stem van sy majesteit. Hy hou nie die weerlig terug wanneer Hy praat nie. God se stem is glorieryk in die donderweer. Dis onmoontlik om sy grootheid en mag te bedink. Hy laat die sneeu val op die aarde, en beveel die reën om neer te stort. Almal hou dan op om te werk sodat hulle sy krag kan aanskou. Die wilde diere skuil tussen rotse of bly in hulle lêplekke. Die storm kom uit sy blyplek. Die wind bring groot koue. Die asem van God stuur die ys. Die wye waters vries kliphard. Hy laai die wolke met vog. Hy verlig die wolke met sy weerlig. Die wolke draai en draai soos Hy hulle beveel. Hulle doen wat Hy beveel oor die hele bewoonde aarde. Hy laat dinge gebeur op aarde as straf of as teken van sy troue liefde. “Luister hierna, Job. Staan stil en bedink die wonderdade van God. Weet jy hoe God die storm beheer en sy weerlig laat flits uit sy wolke? Verstaan jy hoe die wolke in die lug bly hang? Dis die wonderlike werk van Hom wat alles weet. As jy vergaan van die hitte in jou klere, wanneer die suidewind gaan lê en alles stil word, weerkaats Hy die hitte uit die hemelruim soos ’n reuse spieël. Kan jy dit doen? “Jy dink mos jy weet so baie. Leer ons wat ons vir God moet sê. Ons is te onkundig om self te redeneer. Moet ons vir Hom sê dat ons met Hom wil praat? Kan ons praat as ons so deurmekaar is? Ons kan nie in die son kyk op ’n wolklose dag nie. Dit skyn helder in die lug wanneer al die wolke weggewaai het. Uit die noorde kom God in goudglans. Rondom Hom is ontsagwekkende majesteit. Ons kan ons nie voorstel hoe magtig God is nie. Tog is Hy so regverdig en vol genade dat Hy ons nie verdruk nie. Geen wonder dat alle mense Hom vrees nie. Mense met ware wysheid het ontsag vir Hom.”

JOB 37:1-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dan begin ek bewe en gaan my hart aan die ruk. Hoor hoe bulder die stem van God, hoe dreun dit uit sy mond! Hy laat dit losbreek in die hemelruim, Hy laat dit blits tot by die uithoeke van die wêreld, en dan kom die donderslag. God laat sy magtige stem hoor, Hy stuur die onweer in volle krag wanneer Hy sy stem laat hoor. Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie. Hy beveel die sneeu om op die aarde te val; die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag. Hy laat alle mensewerk tot stilstand kom sodat alle mense sy werk kan leer ken. Die diere soek skuiling en bly in hulle skuilplekke. Die stormwind kom uit sy blyplek, die yswinde wat koue bring. As God die wind laat waai, ys dit en vries die groot waters. Hy laat die wolke swaar word van vog, Hy stuur sy weerligte in die wolke in. Hy laat die wolke in die rondte maal, hulle doen wat Hy bepaal, hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor. God stuur die storm óf om te straf óf om vir die aarde te sorg óf om sy liefde te toon. “Luister hierna, Job, staan stil en dink na oor die wonderdade van God. Weet jy hoe Hy dit alles voorberei, hoe Hy die lig deur die wolke laat breek? Weet jy hoe die wolke sweef? Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is. Jy wat jou nie eens met klere kan beskerm teen die hitte wanneer die aarde gloei onder die woestynwind nie, kan jy saam met Hom die hemelruim oopspan, stewig soos 'n spieël wat gegiet is? Sê jý dan vir ons wat ons vir God moet sê. In ons onkunde kan óns Hom nie antwoord nie. Moet aan Hom vertel word wat ek sê? Moet aan Hom meegedeel word wanneer 'n mens praat? “Niemand kon die lig sien nie, die wolke het dit donker gemaak. Maar die wind het gekom en hulle weggewaai. Uit die noorde kom die goudglans, die majesteit van God is ontsagwekkend. Ons kan by die Almagtige nie kom nie, sy krag is groot. Hy laat reg en geregtigheid geskied, Hy verdruk niemand nie. Daarom dien die mense Hom, en sien Hy nie dié raak wat dink dat hulle wysheid het nie.”

JOB 37:1-24 Bybel vir almal (ABA)

Die storm laat my hart bewe, ek skrik en ek ruk. Luister goed na die stem van God, hoor hoe raas en dreun dit! Hy stuur die weerlig oral deur die lug, dit slaan oor die hele aarde. En dan raas en dreun die donderweer, God praat met sy harde stem, en die donderweer hou aan om te raas terwyl Hy, die Koning, praat. God doen wonderlike dinge wanneer Hy sy stem laat raas, Hy doen groot dinge, dinge wat ons nie verstaan nie. Hy sê vir die sneeu: ‘Val op die aarde!’ en Hy sê vir die reën: ‘Maak die grond goed nat!’ Hy laat al die mense ophou werk sodat hulle kan sien wat Hy doen. Die diere gaan lê en hulle bly in hulle lêplek. Die stormwind kom uit die suide, die koue winde kom uit die noorde. Die wind wat God stuur, laat die water vries, dit word een stuk ys. God maak die wolke vol water, die weerlig slaan in die wolke. Die wolke draai om en om wanneer God so besluit, hulle doen wat Hy sê, oral op die aarde. God stuur die storms om mense te straf of om vir die aarde te sorg of om te doen wat Hy belowe het. Job, jy moet luister na wat ek sê, jy moet stilstaan en dink oor die wonderwerke van God. Weet jy hoe God dit alles doen? Weet jy hoe Hy die weerlig uit die wolke laat slaan? Weet jy hoe die wolke bymekaarkom? Dit is God wat hierdie wonderlike dinge laat gebeur, God wat alles weet. Job, jou klere word baie warm wanneer die warm oostewind waai. Jy kan nie die hemeldak maak nie, die hemeldak wat so hard is soos 'n spieël van metaal. Wil jy nou vir ons leer wat ons vir God moet sê? Ons weet nie wat om te sê nie, ons is baie dom. Niemand moet vir God sê dat ek wil praat nie. Ek wil nie hê dat Hy my moet laat sterf nie. Mense kan nie na die son kyk wanneer die wind gewaai het en die wolke weg is nie. Wanneer God uit die noorde kom, dan blink alles soos goud, almal word bang vir die lig wat rondom Hom, die Koning, is. Ons kan nie naby die Almagtige kom nie, sy krag is baie groot. Hy doen reg, Hy is altyd regverdig, Hy verdruk niemand nie. Daarom is al die mense bang vir Hom. Hy kyk nie na mense wat dink dat hulle wysheid het, maar hulle het dit nie.”

JOB 37:1-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

JA, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek. Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan. Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde. Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie. God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is. Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns. Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het. Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke. Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue. Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte. Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk; en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond: òf tot 'n tugroede, òf tot nut van sy aarde, òf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind. LUISTER hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God. Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker? Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis? U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind — kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos 'n gegote spieël? Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie. Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word? En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie. Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit. Die Almagtige — ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie. Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.

JOB 37:1-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dan begin ek bewe en gaan my hart aan die ruk. Hoor hoe bulder die stem van God, hoe dreun dit uit sy mond! Hy laat dit losbreek in die hemelruim, Hy laat dit blits tot by die uithoeke van die wêreld, en dan kom die donderslag. God laat sy magtige stem hoor, Hy stuur die onweer in volle krag wanneer Hy sy stem laat hoor. Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie. Hy beveel die sneeu om op die aarde te val; die reëns val, stortreëns wat getuig van sy krag. Hy laat alle mensewerk tot stilstand kom sodat alle mense sy werk kan leer ken. Die diere soek skuiling en bly in hulle skuilplekke. Die stormwind kom uit sy blyplek, die yswinde wat koue bring. As God die wind laat waai, ys dit en vries die groot waters. Hy laat die wolke swaar word van vog, Hy stuur sy weerligte in die wolke in. Hy laat die wolke in die rondte maal, hulle doen wat Hy bepaal, hulle gehoorsaam sy bevele die wêreld oor. God stuur die storm óf om te straf óf om vir die aarde te sorg óf om sy liefde te toon. “Luister hierna, Job, staan stil en dink na oor die wonderdade van God. Weet jy hoe Hy dit alles voorberei, hoe Hy die lig deur die wolke laat breek? Weet jy hoe die wolke sweef? Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is. Jy wat jou nie eens met klere kan beskerm teen die hitte wanneer die aarde gloei onder die woestynwind nie, kan jy saam met Hom die hemelruim oopspan, stewig soos 'n spieël wat gegiet is? Sê jý dan vir ons wat ons vir God moet sê. In ons onkunde kan óns Hom nie antwoord nie. Moet aan Hom vertel word wat ek sê? Moet aan Hom meegedeel word wanneer 'n mens praat? “Niemand kon die lig sien nie, die wolke het dit donker gemaak. Maar die wind het gekom en hulle weggewaai. Uit die noorde kom die goudglans, die majesteit van God is ontsagwekkend. Ons kan by die Almagtige nie kom nie, sy krag is groot. Hy laat reg en geregtigheid geskied, Hy verdruk niemand nie. Daarom dien die mense Hom, en sien Hy nie dié raak wat dink dat hulle wysheid het nie.”

JOB 37:1-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Ja, hieroor bewe my hart, klop dit in my keel. Luister goed na die gerammel van sy stem; die dreuning wat uit sy mond kom. Oral onder die hemelruim laat Hy dit vry, ook sy weerlig oor die uithoeke van die aarde. Daarna brul sy stem; Hy laat dit dreun met sy luisterryke stem. Hy hou die weerligstrale nie terug wanneer sy stem gehoor word nie; God laat dit wonderbaarlik dreun met sy stem, Hy doen groot dinge, en ons kan dit nie deurdink nie. Ja, aan die sneeu gee Hy die opdrag, ‘Val op die aarde!’ ook aan die stortreën, die stortbuie wat sy krag toon. Die hand van elke mens verseël Hy, sodat alle mense sy handewerk kan leer ken. Wilde diere gaan in hulle skuilplekke in, in hulle lêplekke bly hulle. Uit die kamer agter die horison kom stormwinde; drywende winde bring die koue. Die asem van God maak ys; die uitgestrekte waters vries vas, asof gegiet. Ja, Hy belaai die wolke met 'n oorvloed vog; die wolkbank versprei sy weerlig. Die wolke beweeg oral rond, gaan heen en weer volgens sy beskikking, om op die oppervlakte van die aarde alles te doen wat Hy beveel. Of dit nou is om te straf, of tot voordeel van sy grond, of om liefde te bewys, Hy laat hulle die doel bereik. “Luister hierna Job! Staan stil en gee aandag aan God se wonders. Hy laat die weerlig in sy wolkbank flits. Begryp jy dit wanneer God vir hulle reëls neerlê? Begryp jy iets van die wegdryf van wolke – wonderwerke van Een met volmaakte kennis? Jy, wie se klere te warm is wanneer die aarde stil raak uit die suide, kan jy saam met Hom 'n wolkemassa plet, so solied soos 'n spieël van gegote koper? “Maak aan ons bekend wat ons vir Hom moet sê! Ons kan nie die saak uiteensit nie, weens die duisternis. Sal dit aan Hom vertel word dat ek praat; of sê iemand, ‘Dit moet aan God meegedeel word’? “Maar nou – mens sien nie weerlig, dit wat helder in die wolkemassa was nie. Die wind het verbygekom en dit opgeruim. Uit 'n goue noorde kom Hy; by God is die majesteit ontsagwekkend. Die Almagtige – ons kan Hom nie bereik nie, Hy wat verhewe is in krag. Die reg en volle geregtigheid sal Hy nooit geweld aandoen nie. Hierom koester mense ontsag vir Hom: Hy gee nie voorkeur aan enige van die wyses van hart nie. ”

JOB 37:1-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Ook hieroor bewe my hart en wyk uit sy plek. Hoor aandagtig die geluid van sy stem en die geluid wat uit sy mond uitgaan. Hy rig dit onder die hele hemel en sy weerlig tot aan die eindes van die aarde. Daarna brul 'n stem; hy donder met die stem van sy hoogheid; en hy sal hulle nie keer as sy stem gehoor word nie. God donder wonderbaar met sy stem; groot dinge doen hy wat ons nie kan begryp nie. Want Hy sê vir die sneeu: Wees jy op die aarde! so ook met die klein reën en die groot reën van sy krag. Hy verseël die hand van elke mens; sodat alle mense sy werk kan ken. Dan gaan die diere in holtes en bly op hulle plekke. Uit die suide kom die stormwind, en koue uit die noorde. Deur die asem van God word ryp gegee, en die breedte van die waters is nou. Ook deur water te gee vermoei hy die digte wolk; hy strooi sy helder wolk uit; En dit word omgedraai deur sy raad, sodat hulle kan doen alles wat Hy hulle beveel op die aangesig van die wêreld op die aarde. Hy laat dit kom, hetsy vir teregwysing, of vir sy land, of vir barmhartigheid. Luister hierna, o Job, staan stil en let op die wonders van God. Weet jy wanneer God hulle van kant gemaak en die lig van sy wolk laat skyn het? Ken jy die balansering van die wolke, die wonderwerke van Hom wat volmaak is in kennis? Hoe warm is jou klere as Hy die aarde stil maak deur die suidewind? Het jy saam met hom die hemel uitgesprei wat sterk is en soos 'n gegote uitkykglas? Leer ons wat ons vir hom sal sê; want ons kan ons spraak nie orden vanweë die duisternis nie. Sal dit vir hom gesê word dat ek praat? as iemand praat, sal hy sekerlik verslind word. En nou sien die mense nie die helder lig wat in die wolke is nie, maar die wind gaan verby en reinig hulle. Mooi weer kom uit die noorde: by God is verskriklike majesteit. As ons die Almagtige aanraak, kan ons Hom nie uitvind nie: Hy is voortreflik in krag en in oordeel en in oorvloed van geregtigheid; Hy sal nie verdruk nie. Daarom vrees mense Hom

JOB 37:1-24 Die Boodskap (DB)

Elihu het gesê: “So ’n storm maak my bang. Dit laat my hart wild klop. Hoor hoe dreun die donderweer. Dit is God se stem wat aangerol kom. Hy laat die dreuning oor die hemel klink. Dit lyk of die weerlig oor die hele aarde slaan, selfs tot in die verste uithoeke. Daarna kan ’n mens die gedreun van die weer hoor as God sy magtige stem gebruik. Sy stem dreun oorverdowend hard. As God in die donderweer praat, is dit ongelooflik. Wonderlike goed gebeur wat ons nie eens kan dink om te verstaan nie. Hy gee die sneeu opdrag om op die aarde te val. Hy laat ook die reën hard neerstort. Wanneer dit gebeur, laat Hy al die mense ophou werk sodat hulle net weer kan besef wat Hy alles doen. Ook die diere kruip in hulle skuilplekke weg. Die stormwind begin waai en die wind uit die noorde bring die koue. God se asem laat die water ys. Groot panne water vries toe. Die wolke bult uit van al die vog wat dit hou. Hy laat weerlig tussen die wolke deur flits. Hy laat die wolke rondmaal soos Hy wil. Oor die hele wêreld doen die wolke presies wat Hy hulle sê om te doen. Soms stuur die Here die storms en die reën om die mense te straf. Ander kere om te sorg dat daar water op die aarde is of doodgewoon om te wys dat Hy die aarde en sy mense liefhet.” Elihu het vir Job gesê: “As jy nou geluister het na wat ek gesê het, word net ’n bietjie rustig. Dink daaraan hoe ongelooflik alles is wat God doen. Kan jy verstaan hoe God die wolke beheer en die weerlig uit die wolke laat blits? Kan jy verstaan hoe Hy dit regkry om die wolke so in die lug te laat hang? Dit is die werk van ’n genie! As die wind uit die suide ophou waai, is alles doodstil. Dan kry die mense swaar van die vreeslike hitte, maar hulle kan niks daaraan doen nie. Kan jy soos God die hemel oopspan? Hy laat die hemelruim die hitte soos ’n groot spieël weerkaats. “Job, sê vir ons wat ons vir die Here moet sê. Ons is te dom om ons eie argumente uit te dink. Moet ek eers vir God sê dat ek my saak wil stel? Moet ’n mens praat as jy so deurmekaar is? Die wind het die wolke voor die son weggewaai. Nou skyn die son helder, maar dit is te skerp vir ’n mens om in te kyk. God kom uit die noorde in ’n goue glans. Sy glans is so groot, dit maak ’n mens eintlik bang. God se mag is te groot vir ons om te verstaan. Sy mag is baie groot, maar tog bly Hy regverdig. Hy is baie eerlik en Hy is teenoor niemand onregverdig nie. Dit is daarom dat mense Hom oral eer en respekteer. Maar Hy hou nie van mense wat hulle slim hou nie.”