JOHANNES 16:14-15
JOHANNES 16:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle bekend sal maak. Alles wat die Vader het, is ook myne. Daarom het Ek gesê: Wat Hy van My ontvang, sal Hy ook aan julle bekend maak.”
JOHANNES 16:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle sal meedeel. Alles waaroor die Vader beskik, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: ‘Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle meedeel.’”
JOHANNES 16:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Die Helper sal wys dat Ek God is, want alles wat Hy vir julle sal sê, kom van My. Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My. Dit is hoekom Ek sê alles wat die Heilige Gees vir julle sal sê, kom van My.”
JOHANNES 16:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
JOHANNES 16:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”