JOHANNES 12:37-50
JOHANNES 12:37-50 Afrikaans 1983 (AFR83)
Alhoewel Jesus so baie wondertekens voor die mense gedoen het, het hulle tog nie in Hom geglo nie. So moes die woorde van die profeet Jesaja vervul word: “Here, wie het geglo wat ons gehoor het? En aan wie is die mag van die Here geopenbaar?” Waarom hulle nie kon glo nie, sê Jesaja ook elders: “God het hulle oë blind gemaak en hulle verstand laat afstomp sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.” Jesaja het dit gesê omdat hy die heerlikheid van die Here gesien en oor Hom gepraat het. Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God. Toe het Jesus uitgeroep: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel. Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat. En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het.”
JOHANNES 12:37-50 Bybel vir almal (ABA)
Die mense het baie wondertekens gesien wat Jesus gedoen het, maar hulle het nie in Jesus geglo nie. Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die profeet Jesaja gesê het: Here, niemand het geluister na wat ons sê nie, niemand het besef hoe sterk die Here is nie. Jesaja het ook gesê hoekom hulle nie kon glo nie. Hy het gesê: God het die mense se oë blind gemaak, Hy het hulle harte hard gemaak. Daarom kon hulle oë nie sien nie, en hulle harte kon nie verstaan nie, en hulle het nie begin lewe soos God wil hê nie. Daarom sal Ek hulle nie gesond maak nie, sê God. Jesaja het dit alles gesê, want hy het gesien Jesus is God. Hy het van Jesus gepraat. Baie mense het in Jesus geglo, ook party van die leiers, maar hulle het dit vir niemand vertel nie. Hulle was bang dat die Fariseërs sal sê hulle mag nooit weer in die sinagoge kom nie. Daardie leiers wou meer belangrik wees vir mense as vir God. Jesus het hard gesê: “Iemand wat in My glo, glo nie net in My nie, hy glo ook in God wat My na die wêreld gestuur het. Ja, as iemand My sien, dan sien hy ook vir God wat My na die wêreld gestuur het. Ek het gekom om 'n lig vir die mense van die wêreld te wees. Daarom sal elkeen wat in My glo, nie meer in die donker lewe nie. Ek het nie gekom om die mense van die wêreld te oordeel nie. Ek het gekom om hulle te red. Daarom, wanneer mense hoor wat Ek sê, maar hulle doen nie wat Ek sê nie, sal Ék hulle nie oordeel nie, die woorde wat Ek gesê het, sal hulle oordeel op die laaste dag. Hulle glo nie in My nie en hulle luister nie na wat Ek sê nie. Die dinge wat Ek gesê het, kom nie van My nie. Die Vader wat My na die wêreld gestuur het, het vir My gesê presies wat Ek moet sê. Ek weet die dinge wat die Vader vir My gesê het om te doen, laat mense vir altyd lewe. Daarom sê Ek wat die Vader vir My gesê het.”
JOHANNES 12:37-50 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie; sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar? Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het: Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het. Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God. En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het. Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek — net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
JOHANNES 12:37-50 Afrikaans 1983 (AFR83)
Alhoewel Jesus so baie wondertekens voor die mense gedoen het, het hulle tog nie in Hom geglo nie. So moes die woorde van die profeet Jesaja vervul word: “Here, wie het geglo wat ons gehoor het? En aan wie is die mag van die Here geopenbaar?” Waarom hulle nie kon glo nie, sê Jesaja ook elders: “God het hulle oë blind gemaak en hulle verstand laat afstomp sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.” Jesaja het dit gesê omdat hy die heerlikheid van die Here gesien en oor Hom gepraat het. Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God. Toe het Jesus uitgeroep: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel. Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat. En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het.”
JOHANNES 12:37-50 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hoewel Jesus so baie tekens in hulle teenwoordigheid gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie, sodat die woord wat die profeet Jesaja uitgespreek het, vervul kon word: “Here, wie het ons boodskap geglo? En die arm van die Here, aan wie is dit geopenbaar?” Hulle kon nie tot geloof kom nie, want Jesaja het ook gesê: “Hy het hulle oë verblind en hulle harte verhard sodat hulle nie met hulle oë kon sien en met hulle harte kon verstaan en kon terugdraai, en Ek hulle genees nie.” Dit het Jesaja gesê, omdat hy sy heerlikheid gesien en oor Hom gepraat het. Nogtans het ook baie van hulle leiers in Hom begin glo, maar vanweë die •Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die •sinagoge geban sou word nie. Hulle het immers die eer van mense meer liefgehad as die eer van God. Jesus het uitgeroep en gesê: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het! En wie My sien, sien Hom wat My gestuur het. Ek het as 'n lig na die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand my woorde hoor en dit nie bewaar nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te verlos. Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het iets wat hom veroordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom op die laaste dag veroordeel. Ek het immers nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, het self vir My 'n opdrag gegee oor wat Ek moet sê en wat Ek moet verkondig. En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe is. Wat Ek dus sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het. ”
JOHANNES 12:37-50 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar al het Hy soveel wonders voor hulle gedoen, tog het hulle nie in Hom geglo nie. Sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gespreek het: Here, wie het ons gerug geglo? en aan wie is die arm van die Here geopenbaar? Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja weer gesê het: Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard; dat hulle nie met hul oë sou sien en nie met hul hart sou verstaan nie, en hulle sou bekeer, en Ek hulle sou genees. Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid sien en van Hom gespreek het. Maar onder die owerstes het ook baie in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle Hom nie bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie. Want hulle het die lof van mense meer liefgehad as die lof van God. Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En hy wat My sien, sien Hom wat My gestuur het. Ek het 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sal bly nie. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Hy wat My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel op die laaste dag. Want ek het nie uit myself gepraat nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is; alles wat Ek dan ook al spreek, net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
JOHANNES 12:37-50 Die Boodskap (DB)
Wat Jesaja soveel jare terug gesê het, is met Jesus weer waar bewys. Die mense wou Jesus nie aanvaar nie, al het Hy al die wonderlike dinge gedoen. Jesaja het nie verniet gesê nie: “Here, wie het hulle aan ons woorde gesteur? Wie het raakgesien wat die Here regtig kan doen?” Hulle wou nie glo nie; nou kan hulle nie glo nie. Dit rym met wat Jesaja gesê het: “God het hulle soos blinde mense gemaak. Hulle het niks meer vir God omgegee nie. Ja-nee, hulle kon God nie meer raaksien nie en het nie vir Hom omgegee nie. Die kans dat hulle na God toe sal kom om sy kinders te word is nul.” Jesaja het hierdie dinge oor Christus gesê omdat hy besef het hoe belangrik Christus is. Baie mense, selfs van die Joodse leiers, was saam met Jesaja oortuig van hoe belangrik Jesus is. Stilletjies, op hulle eie, het hulle Jesus aanvaar. Hulle wou dit egter vir niemand sê nie, want hulle was bang. Hulle het koue voete gekry as hulle daaraan gedink het dat die Jode hulle uit hulle byeenkomste sou wegjaag en hulle sou verbied om weer daar te kom as hulle iets goeds van Jesus sou sê. Hulle probleem was dat hulle harder probeer het om mense te beïndruk as vir God. Jesus praat toe hard sodat almal Hom kon hoor: “Hy wat My gelowig aanvaar, aanvaar nie net vir My nie; hy aanvaar ook vir God wat My gestuur het. Hy wat werklik begryp wie Ek is, begryp ook wie My gestuur het. Ek is die Lig wat helder in hierdie donker wêreld ingeskyn het. Wie My gelowig aanvaar, sal nooit weer in die donker hoef rond te strompel nie. Ek het nie gekom om te kyk hoeveel mense Ek hel toe kan stuur nie; inteendeel. “Om die waarheid te sê, as iemand hom nie steur aan wat Ek sê nie, gaan Ek nie my energie mors om te sorg dat hy in die hel beland nie. Ek het beter dinge om te doen. Ek wil eerder my energie gebruik om mense hemel toe te vat, nie hel toe nie. As iemand sy rug vir My draai en my boodskap ignoreer, sal hy wel sy moses teëkom. Hy het mos gehoor wat Ek gesê het! By die finale oordeel sal niemand dit vir hom hoef te herhaal nie. Hy sal my woorde dan onthou, dat wie My nie aanvaar nie, hel toe gaan. Dan sal hy weet wat God oor hom besluit het. “Dit is so omdat Ek nie sommer wat Ek gesê het uit my duim gesuig het nie. My Vader het My presies vertel wat om te sê en wat nie. Toe het Hy My gestuur. Ek weet presies wat Hy wil hê: Ek moet dit vir mense moontlik maak om vir ewig saam met Hom te leef. Dit het die Vader vir My gesê en dit sê Ek vir julle.”
JOHANNES 12:37-50 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ten spyte van só baie wondertekens wat Jesus voor die mense se oë gedoen het, het hulle volgehou om nie in Hom te glo nie. Sodoende is die boodskap van die profeet Jesaja vervul: “Here, wie het ons boodskap geglo? En aan wie is die mag van die Here bekendgemaak?” Om dié rede kon die mense nie glo nie, soos Jesaja dit verduidelik: “Hy het hulle oë met blindheid getref en hulle harte hardvogtig gemaak, sodat hulle nie kon sien met hulle oë of kon verstaan met hulle harte om hulle te bekeer en dat Ek hulle gesond maak nie.” Jesaja het dit gesê omdat hy die heerlikheid van Jesus gesien en oor Hom gepraat het. Nietemin het baie uit die geledere van die leiers in Hom begin glo, maar vanweë die Fariseërs het hulle dit nie in die openbaar bely nie sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie. Hulle het die verering deur mense liewer gehad as die verering deur God. Toe het Jesus uitgeroep: “Iemand wat in My glo, glo nie net in My nie, maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie na My kyk, sien ook vir Hom wat My gestuur het. “Ek het as lig na die wêreld toe gekom sodat elkeen wat in My glo, nie langer in die duisternis sou bly nie. As iemand dan ook nog na my woorde luister en dit nie gehoorsaam nie, veroordeel Ek hom nie sommer nie, want Ek het nie gekom om die mensdom te veroordeel nie, maar om die mensdom te verlos. Wie My verwerp en nie my woorde aanvaar nie, het reeds homself geoordeel; die boodskap wat Ek uitdra, sal hom op die laaste dag veroordeel. Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, het aan My ’n opdrag gegee oor wat Ek moet sê en wat Ek sal verkondig. En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe inhou. Dit wat Ek dus sê, verkondig Ek net soos die Vader dit aan My oorgedra het.”