JEREMIA 6:20
JEREMIA 6:20 Bybel vir almal (ABA)
Julle bring vir My wierook uit die land Skeba, julle bring kalmoes uit 'n ver land, maar dit beteken vir My niks. Ek hou nie van julle brand-offers nie, Ek wil nie offers van julle hê nie.”
JEREMIA 6:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waarom sou daar tog vir My wierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit 'n ver land? Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.
JEREMIA 6:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waarom sou Ek omgee vir wierook uit Skeba of kalmoes uit 'n ver land? Ek aanvaar nie julle brandoffers nie, Ek hou nie van julle offers nie.
JEREMIA 6:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waarom nog vir My wierook uit Skeba laat kom, of kosbare kalmoes uit 'n ver land? Julle •brandoffers is nie aanvaarbaar nie, en julle •maaltydoffers geval My nie. ”
JEREMIA 6:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waartoe kom daar vir my reukwerk uit Skeba en die soet riet uit 'n ver land? julle brandoffers is nie aanneemlik nie, en julle slagoffers is vir My nie soet nie.
JEREMIA 6:20 Die Boodskap (DB)
Dit help net mooi niks dat hulle vir My wierook uit Skeba bring nie. Hulle kan die ander speserye wat uit ander ver lande kom, ook maar hou. Ek weier om offers te aanvaar wat hulle vir My bring om in my goeie boekies te kom. Dit bring vir My geen plesier nie.”