JEREMIA 44:24-30
JEREMIA 44:24-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jeremia het verder vir al die mense, ook vir al die vrouens, gesê: Hoor die woord van die Here, alle Judeërs in Egipte! So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle en julle vrouens het gedoen wat julle beloof het. Julle het gesê julle sal bly by julle belofte om vir die hemelkoningin wierookoffers en drankoffers te bring. Hou by julle belofte, hou daarby, doen wat julle beloof het, doen dit! Maar hoor die woord van die Here, alle Judeërs wat in Egipte woon: Ek lê 'n eed af by my groot Naam: Nooit sal my Naam weer deur 'n enkele Judeër genoem word nie, niemand van julle almal in Egipte sal weer sê: “So seker as die Here my God leef” nie. Ek sal noulettend na julle kyk, ten kwade, nie ten goede nie, en elke Judeër in Egipte sal omgebring word: deur oorlog, deur hongersnood, totdat daar niemand oor is nie. Dié wat aan die oorlog ontkom en uit Egipte na Juda toe terugkom, sal min wees. Almal wat van Juda oor is en in Egipte kom woon het, sal tot die besef kom wie se woord bly staan, Myne of hulle s'n. Ek sal vir julle 'n teken gee dat Ek julle gaan straf in hierdie plek, sê die Here, straf sodat julle sal besef dat my woorde vasstaan, julle ten kwade. So sê die Here: Ek gaan die farao, koning Gofra van Egipte, oorgee in die mag van sy vyande, in die mag van dié wat sy lewe soek, net soos Ek vir koning Sedekia van Juda oorgegee het in die mag van sy vyand, die man wat sy lewe gesoek het, koning Nebukadnesar van Babel.
JEREMIA 44:24-30 Die Boodskap (DB)
Jeremia het vir al die mense, die vroue ingesluit, gesê: “Luister na wat ek van die Here af vir julle wat in Egipte bly, gekry het. Die Here sê: Julle en julle vroue het gesê dat julle nooit sal ophou om die godin van die hemel te vereer nie. Dit is duidelik uit alles wat julle sê en doen. Nou hou dan by julle beloftes aan haar en doen wat julle gesê het julle gaan doen! Ek sê weer, hoor wat is die Here se boodskap vir julle. Hy sê: Ek het ’n eed gesweer en Ek is so ernstig daaroor dat Ek my Naam en reputasie op die spel sit. My Naam sal nooit weer deur enige van die mense van Juda wat in Egipte is, genoem word nie. Julle mag nie my Naam gebruik as julle ’n plegtige belofte maak om krag aan julle woorde te gee nie. Julle mag nooit weer sê: ‘So waar as die Here leef’ nie! Ek sal sorg dat dit met julle sleg gaan. Niks goeds gaan met julle gebeur nie. Julle sal in oorloë kom en ’n skaarste aan kos hê. Dit sal aanhou totdat niemand van julle meer in Egipte oor is nie.” Die Here sê: “Net ’n baie klein klompie van hulle sal nie doodgaan nie en na Juda toe terugkom. Hulle sal op die ou einde weet dat Ek die waarheid gepraat het en nie hulle nie. Die bewys daarvan sal wees dat alles wat Ek gedreig het om te doen, met julle sal gebeur. Ja, Ek sal julle hier in Egipte straf. Farao Gofra is die koning van Egipte. Ek sal met hom maak net soos Ek met koning Sedekia gemaak het. Ek het Sedekia aan koning Nebukadnesar van Babel oorgegee. Hy was Sedekia se vyand en wou hom graag dood hê. Ek sal Gofra net so aan sy vyande oorgee wat hom so graag wil doodmaak.” Dit is wat die Here sê!
JEREMIA 44:24-30 Bybel vir almal (ABA)
Jeremia het vir al die Judeërs gesê, ook vir die vroue: “Judeërs, julle almal wat in die land Egipte is, julle moet hoor wat die Here sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Wat julle monde sê, dit doen julle hande. Julle sê julle sal doen wat julle belowe het, en julle sal vir die koningin van die hemel offers bring en drank-offers uitgooi, dit is seker. Nou moet julle doen wat julle belowe het. Maar julle moet hoor wat sê die Here vir al die Judeërs wat in die land Egipte woon. Die Here sê: So seker soos Ek lewe, niemand van die Judeërs in die hele land Egipte sal weer my groot Naam kan noem wanneer hy iets wil belowe nie. Ek is nou gereed om hulle te straf, nie om goed te doen aan hulle nie. Elke Judeër in die land Egipte sal sterf in oorlog of van honger, almal sal sterf. Die Judeërs wat nie in die oorlog sterf nie en wat terugkom na die land Juda, sal min wees. Almal wat oorgebly het en wat na Egipte gekom het om hier vreemdelinge te wees, sal dan weet wie het die waarheid gepraat, Ek of hulle. “Die Here sê: Ek sal julle straf op hierdie plek, sodat julle kan weet dat Ek met julle sal doen wat Ek sê, dit is seker. Ek gee vir julle hierdie teken: Ek sal nie die farao Gofra, die koning van Egipte, help nie. Hy sal die oorlog verloor teen sy vyande wat hom wil doodmaak, soos Ek ook nie vir koning Sedekia van Juda gehelp het nie, hy het ook die oorlog verloor teen koning Nebukadnesar van Babel, sy vyand wat hom wou doodmaak.”
JEREMIA 44:24-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het Jeremia aan die hele volk en al die vroue gesê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland is! So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel, en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gespreek en dit met julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir haar drankoffers uit te giet — bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes! Daarom, hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê die HERE: Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland nie, met die woorde: So waar as die Here HERE leef! Kyk, Ek is wakker oor hulle ten kwade en nie ten goede nie; en al die manne van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en die hongersnood omkom, totdat dit met hulle gedaan is. Maar die wat van die swaard vryraak, sal uit Egipteland terugkom in die land Juda, min in getal; so sal dan die hele oorblyfsel van Juda wat in Egipteland gekom het om daar as vreemdelinge te vertoef, weet wie se woord sal bestaan, myne of hulle s'n. En dit sal vir julle die teken wees, spreek die HERE, dat Ek oor julle besoeking sal doen in hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde sekerlik teen julle sal bestaan ten kwade — so sê die HERE: Kyk, Ek gee Farao Hofra, die koning van Egipte, in die hand van sy vyande en in die hand van die wat sy lewe soek, soos Ek Sedekía, die koning van Juda, gegee het in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, sy vyand, wat ook sy lewe gesoek het.
JEREMIA 44:24-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jeremia het verder vir al die mense, ook vir al die vrouens, gesê: Hoor die woord van die Here, alle Judeërs in Egipte! So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle en julle vrouens het gedoen wat julle beloof het. Julle het gesê julle sal bly by julle belofte om vir die hemelkoningin wierookoffers en drankoffers te bring. Hou by julle belofte, hou daarby, doen wat julle beloof het, doen dit! Maar hoor die woord van die Here, alle Judeërs wat in Egipte woon: Ek lê 'n eed af by my groot Naam: Nooit sal my Naam weer deur 'n enkele Judeër genoem word nie, niemand van julle almal in Egipte sal weer sê: “So seker as die Here my God leef” nie. Ek sal noulettend na julle kyk, ten kwade, nie ten goede nie, en elke Judeër in Egipte sal omgebring word: deur oorlog, deur hongersnood, totdat daar niemand oor is nie. Dié wat aan die oorlog ontkom en uit Egipte na Juda toe terugkom, sal min wees. Almal wat van Juda oor is en in Egipte kom woon het, sal tot die besef kom wie se woord bly staan, Myne of hulle s'n. Ek sal vir julle 'n teken gee dat Ek julle gaan straf in hierdie plek, sê die Here, straf sodat julle sal besef dat my woorde vasstaan, julle ten kwade. So sê die Here: Ek gaan die farao, koning Gofra van Egipte, oorgee in die mag van sy vyande, in die mag van dié wat sy lewe soek, net soos Ek vir koning Sedekia van Juda oorgegee het in die mag van sy vyand, die man wat sy lewe gesoek het, koning Nebukadnesar van Babel.
JEREMIA 44:24-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jeremia het toe vir die hele volk en vir al die vroue gesê: “Hoor die woord van die HERE, ganse Juda wat in Egipteland is! So sê die HERE, Heerser oor alle magte, die God van Israel, ‘Julle en julle vroue, julle het met julle eie monde verklaar en dit met julle hande uitgevoer: “Ons sal beslis ons geloftes wat ons afgelê het, nakom om vir die koningin van die hemel offers te verbrand en vir haar drankoffers uit te giet.” Doen dan julle geloftes beslis gestand! Voer julle geloftes beslis uit!’ Daarom, hoor die woord van die HERE, ganse Juda wat in Egipteland woon, ‘Kyk, Ek lê 'n eed af by my groot Naam;’ sê die HERE, ‘in die hele Egipteland sal my Naam nooit weer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda wat sê, “So waar as my Heer, die HERE, leef!” nie. Kyk, Ek waak oor hulle ten kwade en nie ten goede nie. Al die mans van Juda wat in Egipteland is, sal deur die swaard en hongersnood omkom, totdat hulle vernietig is. En hulle wat aan die swaard ontkom, net 'n paar, sal uit Egipteland na die land Juda terugkeer. Die hele oorblyfsel van Juda wat na Egipteland gekom het om as vreemdelinge daar te woon, sal dan weet wie se woord standhou, myne of hulle s'n. En dit sal vir julle die teken wees,’ is die uitspraak van die HERE, ‘dat Ek van julle rekenskap eis op hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde wat ten kwade teen julle gerig is, beslis sal standhou.’ So sê die HERE: ‘Kyk, Ek gaan farao Hofra, koning van Egipte, oorgee in die hand van sy vyande en in die hand van hulle wat sy lewe soek, soos Ek Sedekia, koning van Juda, oorgegee het in die hand van Nebukadresar, die koning van Babilonië, sy vyand, wat sy lewe gesoek het. ’ ”
JEREMIA 44:24-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verder het Jeremia aan die hele volk en aan al die vroue gesê: Hoor die woord van die HERE, hele Juda wat in Egipteland is! So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Julle en julle vrouens het gedoen wat julle beloof het. Julle het gesê julle sal bly by julle belofte om vir die hemelkoningin wierookoffers en drankoffers te bring. Hou by julle belofte, hou daarby, doen wat julle beloof het, doen dit! Maar hoor die woord van die Here, alle Judeërs wat in Egipte woon: Ek lê 'n eed af by my groot Naam: Nooit sal my Naam weer deur 'n enkele Judeër genoem word nie, niemand van julle almal in Egipte sal weer sê: “So seker as die Here my God leef” nie. Ek sal noulettend na julle kyk, ten kwade, nie ten goede nie, en elke Judeër in Egipte sal omgebring word: deur oorlog, deur hongersnood, totdat daar niemand oor is nie. Dié wat aan die oorlog ontkom en uit Egipte na Juda toe terugkom, sal min wees. Almal wat van Juda oor is en in Egipte kom woon het, sal tot die besef kom wie se woord bly staan, Myne of hulle s'n. Ek sal vir julle 'n teken gee dat Ek julle gaan straf in hierdie plek, sê die Here, straf sodat julle sal besef dat my woorde vasstaan, julle ten kwade. So sê die Here: Ek gaan die farao, koning Gofra van Egipte, oorgee in die mag van sy vyande, in die mag van dié wat sy lewe soek, net soos Ek vir koning Sedekia van Juda oorgegee het in die mag van sy vyand, die man wat sy lewe gesoek het, koning Nebukadnesar van Babel.
JEREMIA 44:24-30 Die Boodskap (DB)
Jeremia het vir al die mense, die vroue ingesluit, gesê: “Luister na wat ek van die Here af vir julle wat in Egipte bly, gekry het. Die Here sê: Julle en julle vroue het gesê dat julle nooit sal ophou om die godin van die hemel te vereer nie. Dit is duidelik uit alles wat julle sê en doen. Nou hou dan by julle beloftes aan haar en doen wat julle gesê het julle gaan doen! Ek sê weer, hoor wat is die Here se boodskap vir julle. Hy sê: Ek het ’n eed gesweer en Ek is so ernstig daaroor dat Ek my Naam en reputasie op die spel sit. My Naam sal nooit weer deur enige van die mense van Juda wat in Egipte is, genoem word nie. Julle mag nie my Naam gebruik as julle ’n plegtige belofte maak om krag aan julle woorde te gee nie. Julle mag nooit weer sê: ‘So waar as die Here leef’ nie! Ek sal sorg dat dit met julle sleg gaan. Niks goeds gaan met julle gebeur nie. Julle sal in oorloë kom en ’n skaarste aan kos hê. Dit sal aanhou totdat niemand van julle meer in Egipte oor is nie.” Die Here sê: “Net ’n baie klein klompie van hulle sal nie doodgaan nie en na Juda toe terugkom. Hulle sal op die ou einde weet dat Ek die waarheid gepraat het en nie hulle nie. Die bewys daarvan sal wees dat alles wat Ek gedreig het om te doen, met julle sal gebeur. Ja, Ek sal julle hier in Egipte straf. Farao Gofra is die koning van Egipte. Ek sal met hom maak net soos Ek met koning Sedekia gemaak het. Ek het Sedekia aan koning Nebukadnesar van Babel oorgegee. Hy was Sedekia se vyand en wou hom graag dood hê. Ek sal Gofra net so aan sy vyande oorgee wat hom so graag wil doodmaak.” Dit is wat die Here sê!
JEREMIA 44:24-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jeremia het vir al die mense, die vroue ingesluit, gesê: “Luister na die boodskap van die HERE, julle wat in Egipte woon. Die HERE, die Almagtige, die God van Israel, sê: Julle en julle vroue het mos gesê dat julle nooit sal ophou om die godin van die hemel te vereer nie. Dit is duidelik uit alles wat julle sê en doen. Hou by julle beloftes aan haar en doen wat julle gesê het julle gaan doen! “Ek sê weer, luister na die HERE se boodskap vir al die Judeërs wat in Egipte woon. Hy sê: ‘Ek het ’n eed afgelê en Ek is so ernstig daaroor dat Ek my Naam en reputasie op die spel plaas. Die mense van Juda wat in Egipte woon, sal my Naam nooit weer gebruik nie. Julle mag nie my Naam gebruik as julle ’n eed neem om krag aan julle woorde te verleen nie. Julle mag nooit weer sê: So waar as die oppermagtige HERE lewe nie! Ek sal sorg dat dit met julle sleg gaan. Niks goeds gaan met julle gebeur nie; oorloë en hongersnood sal julle tref. Dit sal aanhou totdat niemand van julle meer in Egipte oor is nie. Net ’n baie klein klompie sal die dood vryspring en uit Egipte na Juda terugkeer. Die groepie Judeërs wat na Egipte gevlug het, sal uitvind wie die waarheid gepraat het en wie nie. “‘Die bewys daarvan sal wees dat alles wat Ek gedreig het om te doen, met julle sal gebeur. Ja, Ek sal julle hier in Egipte straf. Ek gee farao Hofra, koning van Egipte, oor aan sy vyande wat hom wil doodmaak, nes Ek koning Sedekia van Juda oorgegee het aan koning Nebukadnesar van Babel, wat hom wou doodmaak.’ Dit is wat die HERE sê!”