JEREMIA 24:9
JEREMIA 24:9 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal sleg gaan met Sedekia en sy mense in al die lande waarnatoe Ek hulle sal wegjaag. Die ander mense sal met hulle maak wat hulle wil, die mense sal hulle name gebruik om ander mense sleg te sê en hulle te vervloek.
JEREMIA 24:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak, 'n onheil vir al die koninkryke van die aarde, 'n smaad en 'n spreekwoord, 'n spot en 'n vervloeking in al die plekke waarheen Ek hulle verdrywe
JEREMIA 24:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal vir Sedekia-hulle maak tot iets slegs, iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik; in al die plekke waarheen Ek hulle sal verstrooi, sal hulle naam gebruik word wanneer mense ander wil verneder, wil spot, wil verkleineer of wil vervloek.
JEREMIA 24:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal hulle 'n toonbeeld van verskrikking, van rampspoed maak – vir al die koninkryke van die aarde, 'n bespotting en 'n spreuk, 'n spotnaam en 'n vervloeking, op al die plekke waarheen Ek hulle verdryf.
JEREMIA 24:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal hulle oorgee om in al die koninkryke van die aarde te wankel vir hulle onheil, tot 'n smaad en 'n spreekwoord, 'n bespotting en 'n vloek, op al die plekke waarheen Ek hulle sal verdryf.
JEREMIA 24:9 Die Boodskap (DB)
Dit sal so sleg gaan met Sedekia en sy groep mense dat die nasies van die wêreld sal skrik. In al die lande waarheen Ek hulle sal verstrooi, sal mense niks van hulle dink nie. Hulle sal gespot word. Mense sal grappe oor hulle maak en hulle naam soos ’n vloekwoord gebruik.