RIGTERS 14:1-4
RIGTERS 14:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Simson het afgegaan na Timna. In Timna het hy 'n vrou onder die Filistynse meisies raakgesien. Hy gaan toe op, en vertel dit vir sy vader en moeder. Hy het gesê: “Ek het 'n vrou onder die Filistynse meisies in Timna raakgesien. Kry haar dan nou vir my as vrou. ” Sy vader en moeder sê toe vir hom: “Is daar onder die meisies van jou volksgenote, ja, onder my hele volk dan nie 'n vrou nie, dat jy moet gaan om 'n vrou te kry onder die onbesnede Filistyne? ” Maar Simson het vir sy vader gesê: “Kry háár vir my, want in my oë is sy die regte een.” Sy vader en moeder het egter nie geweet dat dit van die HERE kom nie, want Hy wou 'n geleentheid teen die Filistyne vind. In dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers.
RIGTERS 14:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Eendag het Simson na die stad Timna gegaan en daar het hy 'n vrou gesien. Sy was 'n Filistynse meisie. Toe hy terugkom, het hy vir sy ouers vertel van haar. Hy het gesê: “Ek het in Timna 'n vrou gesien, 'n Filistynse meisie. Nou wil ek hê julle moet met haar ouers gaan praat, want ek wil met haar trou.” Simson se pa en ma het vir hom gesê: “Is daar nie by jou eie mense en in ons hele volk 'n vrou vir jou nie? Hoekom wil jy 'n vrou gaan haal by die Filistyne? Hulle is nie die Here se mense nie.” Maar Simson het vir sy pa gesê: “Sy is die vrou wat julle vir my moet kry, want ek hou van haar.” Dit is die Here wat dit laat gebeur het, maar Simson se ouers het dit nie geweet nie. Die Here wou die Filistyne straf. Hulle het in daardie tyd oor die Israeliete regeer.
RIGTERS 14:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE Simson afgegaan het na Timna, sien hy in Timna 'n vrou uit die dogters van die Filistyne; en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou uit die dogters van die Filistyne in Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my. Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie 'n vrou, dat jy heengaan om 'n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my. Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers.
RIGTERS 14:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op 'n keer is Simson na Timna toe en daar het hy 'n vrou gesien. Sy was 'n Filistynse meisie. Hy het teruggegaan en vir sy ouers vertel: “Ek het 'n vrou in Timna gesien, 'n Filistynse meisie. Gaan kry haar vir my as vrou.” Maar sy ouers vra vir hom: “Is daar nie onder jou familie of onder al jou volksgenote 'n vrou nie dat jy na die heidene, die Filistyne, toe moet gaan om te trou?” Simson het vir sy pa gesê: “Kry haar vir my, want ek hou van haar.” Sy ouers het nie besef dat dit alles van die Here kom nie, want Hy wou 'n geleentheid skep om die Filistyne te straf: in dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers.
RIGTERS 14:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Simson het afgegaan na Timna. In Timna het hy 'n vrou onder die Filistynse meisies raakgesien. Hy gaan toe op, en vertel dit vir sy vader en moeder. Hy het gesê: “Ek het 'n vrou onder die Filistynse meisies in Timna raakgesien. Kry haar dan nou vir my as vrou. ” Sy vader en moeder sê toe vir hom: “Is daar onder die meisies van jou volksgenote, ja, onder my hele volk dan nie 'n vrou nie, dat jy moet gaan om 'n vrou te kry onder die onbesnede Filistyne? ” Maar Simson het vir sy vader gesê: “Kry háár vir my, want in my oë is sy die regte een.” Sy vader en moeder het egter nie geweet dat dit van die HERE kom nie, want Hy wou 'n geleentheid teen die Filistyne vind. In dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers.
RIGTERS 14:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Simson het afgegaan na Timna en 'n vrou in Timna gesien uit die dogters van die Filistyne. En hy het opgekom en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou in Timna gesien uit die dogters van die Filistyne; neem haar dan nou vir my as vrou. Toe sê sy vader en sy moeder vir hom: Is daar nooit 'n vrou onder die dogters van jou broers of onder my hele volk, dat jy 'n vrou van die onbesnede Filistyne gaan neem nie? En Simson sê vir sy vader: Kry haar vir my; want sy behaag my goed. Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE was dat hy 'n geleentheid teen die Filistyne gesoek het nie, want in dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers.
RIGTERS 14:1-4 Die Boodskap (DB)
Op ’n keer is Simson na ’n dorp met die naam Timna toe. Daar het ’n sekere Filistynse meisie sy oog gevang. Hy is terug huis toe waar hy vir sy pa-hulle gesê het: “Ek het ’n Filistynse meisie in Timna gesien met wie ek wil trou. Tref asseblief die nodige reëlings.” Hulle vra toe vir hom: “Is daar nie onder jou eie mense ’n vrou van wie jy dalk hou nie? Hoekom moet jy nou onder die heidense Filistyne vir jou ’n vrou gaan soek?” Maar Simson het vir sy pa gesê: “Ek hou van haar, ek wil met haar trou.” Sy ouers het nie besef dat die Here agter alles sit nie, want die Here het ’n geleentheid gesoek om die Filistyne op hulle plek te sit. In daardie stadium het die Filistyne oor die Israeliete regeer.
RIGTERS 14:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Simson het afgegaan na Timna toe. Hy het daar ’n Filistynse meisie gesien. Toe hy teruggaan, het hy sy ouers van haar vertel: “Ek het in Timna ’n Filistynse meisie gesien. Gaan kry haar dat ek met haar kan trou.” Sy ouers vra toe vir hom: “Is daar nie iemand tussen die mense van jou stam of onder jou volksgenote met wie jy kan trou nie? Moet jy nou onder die heidense Filistyne ’n vrou vat?” Simson het vir sy pa gesê: “Kry haar vir my. Ek wil haar hê.” Sy ouers het nie agtergekom dat dit eintlik van die HERE af gekom het nie. Die Filistyne het op daardie stadium oor Israel geheers. God het na ’n geleentheid gesoek om iets aan die Filistyne te doen.