Rigters 14:1-4

Rigters 14:1-4 CAB23

En Simson het afgegaan na Timna en 'n vrou in Timna gesien uit die dogters van die Filistyne. En hy het opgekom en dit aan sy vader en sy moeder vertel en gesê: Ek het 'n vrou in Timna gesien uit die dogters van die Filistyne; neem haar dan nou vir my as vrou. Toe sê sy vader en sy moeder vir hom: Is daar nooit 'n vrou onder die dogters van jou broers of onder my hele volk, dat jy 'n vrou van die onbesnede Filistyne gaan neem nie? En Simson sê vir sy vader: Kry haar vir my; want sy behaag my goed. Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE was dat hy 'n geleentheid teen die Filistyne gesoek het nie, want in dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers.