HOSEA 2:14-15
HOSEA 2:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal weer vir hulle wingerde gee, en hulle sal daar in die Akor-vallei wag om in die land in te gaan. Hulle sal daar weer praat soos in die tyd toe hulle 'n jong volk was, toe hulle uit Egipte gekom het.” Die Here het ook gesê
HOSEA 2:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot 'n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het. En in dié dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie.
HOSEA 2:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer ons daar is, sal Ek weer vir haar wingerde gee, Ek sal die Akorlaagte 'n poort na 'n nuwe toekoms maak. Dan sal sy weer my liefde beantwoord soos toe sy jonk was, soos toe sy uit Egipte getrek het. Dié dag, sê die Here, sal jy vir My sê: “My man,” en My nie meer as 'n Baäl beskou nie.
HOSEA 2:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal daarna haar wingerde vir haar teruggee, en die vallei van Agor as 'n poort van hoop. Daar sal sy antwoord soos in haar jong dae, soos in die tyd toe sy uit Egipteland opgetrek het. “ Op daardie dag,” is die uitspraak van die HERE, “sal jy My noem, ‘my Man’. Jy sal My nie weer ‘my Baäl’ noem nie.
HOSEA 2:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, kyk, Ek sal haar aanlok en haar na die woestyn bring en met haar gemaklik spreek. En Ek sal haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Akor as 'n deur van hoop; en sy sal daar sing soos in die dae van haar jeug en soos op die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het.
HOSEA 2:14-15 Die Boodskap (DB)
As ons daar is, gaan Ek haar wingerde vir haar teruggee. Ek gaan die Akorlaagte verander. Daar waar sy hartseer was oor wat gebeur het, daar gaan Ek vir haar hoop gee vir die toekoms. Sy gaan weer vir My lief word soos vroeër toe sy nog jonk was. Dit gaan wees soos in die dae toe Ek haar uit Egipte gered het. “Op daardie dag,” sê die Here, “sal jy vir My sê: ‘Jy is my man.’ Jy sal My nie weer ‘My leier Baäl’ noem nie.
HOSEA 2:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal daar haar wingerde aan haar teruggee. Dan sal die Akorvlakte verander in ’n deur van hoop. Daar sal sy weer Myne word soos lank gelede toe sy nog jonk was en Ek haar uit slawerny in Egipte bevry het. “Op daardie dag,” sê die HERE, “sal jy My noem ‘my man’ en nie meer ‘my meester’ nie.