HABAKUK 2:5-8
HABAKUK 2:5-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Hooghartige mens wat hom deur sy rykdom laat mislei, sal nie in sy doel slaag nie, al is hy so gulsig soos die doderyk, so onversadigbaar soos die dood, al versamel hy al die nasies rondom hom, al maak hy gevangenes van al die volke. Dieselfde volke sal spotliedjies oor hom sing en met minagting na hom verwys. Hulle sal sê: Ellende wag vir hom wat hom verryk met goed wat nie syne is nie, wat vir hom al meer goed inpalm wat verpand is. Hoe lank sal dit nog voortduur? Die tyd kom vinnig nader dat jy self in die skuld sal wees, dat skuldeisers vir wie jy sidder, skielik voor jou sal staan en jou sal kaalstroop. Jy het baie nasies geplunder, maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder, want jy het baie bloed vergiet, geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners.
HABAKUK 2:5-8 Die Boodskap (DB)
Maar kyk maar, mense wat baie van hulleself dink, word maklik deur ’n honger na mag verlei. Hulle kry nooit genoeg nie en is nooit tevrede met wat hulle het nie. ’n Mens kry altyd die gevoel dat hulle gulsig is. Hulle hou net altyd aan om ander volke te probeer oorwin en te oorheers. Maar die dag sal kom wanneer hierdie volke wat nou ly, spotliedjies oor die Babiloniërs sal begin sing en hulle belaglik sal maak met spotgedigte. Hulle sal sê: Dit sal nog beroerd met julle gaan, julle diewe! Hoe lank dink julle kan julle nog aanhou om mense te verplig om sogenaamde skuld te betaal sodat julle nog ryker kan word? Dinge sal nog verander, julle sal sien. Baie gou gaan hierdie mense by wie julle skuld invorder in opstand kom. Julle sal van vrees aan die bewe gaan as hulle julle begin aanval en julle in hulle mag beland. Julle het baie nasies besteel, nou sal van die volke wat oorgebly het, julle besteel. Hulle sal wraak neem op julle oor al die mense wat julle vermoor het en oor al die stede en die mense wat onder julle geweld moes ly.
HABAKUK 2:5-8 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer mense te veel wyn drink, dan is hulle nooit tevrede nie. Hulle dink hulle kan doen wat hulle wil. Die Galdeërs is ook so. Hulle is soos die doderyk. Hulle maak mense dood, maar hulle is nooit tevrede nie, hulle hou aan om mense dood te maak. Hulle maak al die volke vir hulleself bymekaar soos die dood dooie mense bymekaarmaak. Maar die volke sal eendag spot met die Galdeërs. Die volke sal vir mekaar sê: “Dit sal sleg gaan met mense wat hulleself ryk maak en wat goed vat wat aan ander mense behoort.” Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal julle Galdeërs se vyande skielik kom. Die mense vir wie julle bang is, sal julle goed kom vat. Julle het baie volke se goed gevat. Nou sal die volke wat oorgebly het, julle goed kom vat. Julle het baie mense vermoor, julle het oorlog gemaak teen al die mense wat in stede gewoon het.
HABAKUK 2:5-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En bowendien, die wyn is 'n bedrieër, 'n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik — hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar. Sal hulle nie almal oor hom 'n spreuk, 'n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie — hoe lank? — en hom beswaar met verpande goed. Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle 'n prooi word nie? Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
HABAKUK 2:5-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Hooghartige mens wat hom deur sy rykdom laat mislei, sal nie in sy doel slaag nie, al is hy so gulsig soos die doderyk, so onversadigbaar soos die dood, al versamel hy al die nasies rondom hom, al maak hy gevangenes van al die volke. Dieselfde volke sal spotliedjies oor hom sing en met minagting na hom verwys. Hulle sal sê: Ellende wag vir hom wat hom verryk met goed wat nie syne is nie, wat vir hom al meer goed inpalm wat verpand is. Hoe lank sal dit nog voortduur? Die tyd kom vinnig nader dat jy self in die skuld sal wees, dat skuldeisers vir wie jy sidder, skielik voor jou sal staan en jou sal kaalstroop. Jy het baie nasies geplunder, maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder, want jy het baie bloed vergiet, geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners.
HABAKUK 2:5-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Buitendien, wyn is verraderlik. Die sterke is vermetel, maar hy sal nie sy doel bereik nie, hy wat sy keel so wyd oopsper soos die •doderyk, hy wat soos die dood is, wat nie versadig word nie, wat al die nasies by hom versamel het, en al die volke om hom bymekaargemaak het. “ Sal juis hulle nie almal saam oor hom 'n spotlied laat opklink nie, ja, 'n spreuk, raaisels oor hom? Daar sal gesê word, ‘Wee hom wat dít vermeerder wat nie aan hom behoort nie – hoe lank nog? – wat homself met bruikleen belas. Sal dié wat van jou rente gaan eis, nie skielik opstaan nie, ja, dié vir wie jy beangs is, wakker skrik, en jy dan die buit vir hulle word? Omdat jy baie nasies geplunder het, sal al die volke wat oorbly, jou plunder oor die bloedvergieting van mense, die geweld teen lande, stede en almal wat daar woon.’
HABAKUK 2:5-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ja ook, omdat hy deur wyn oortree, is hy 'n trotse man, en bly nie by die huis nie, wat sy begeerte vergroot soos die hel, en is soos die dood, en kan nie versadig word nie, maar al die nasies vir hom versamel en al die volke vir hom versamel. Sal hulle nie almal 'n gelykenis teen hom en 'n spottende spreekwoord teen hom aanhef nie en sê: Wee hom wat vermeerder wat nie syne is nie! hoe lank? en aan hom wat hom met dik klei laai! Sal hulle nie skielik opstaan wat jou byt, en wakker word wat jou kwaad maak, en jy sal vir hulle 'n buit wees nie? Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal die hele oorblyfsel van die volke jou plunder; vanweë die mensebloed en vanweë die geweld van die land, van die stad en van almal wat daarin woon.
HABAKUK 2:5-8 Die Boodskap (DB)
Maar kyk maar, mense wat baie van hulleself dink, word maklik deur ’n honger na mag verlei. Hulle kry nooit genoeg nie en is nooit tevrede met wat hulle het nie. ’n Mens kry altyd die gevoel dat hulle gulsig is. Hulle hou net altyd aan om ander volke te probeer oorwin en te oorheers. Maar die dag sal kom wanneer hierdie volke wat nou ly, spotliedjies oor die Babiloniërs sal begin sing en hulle belaglik sal maak met spotgedigte. Hulle sal sê: Dit sal nog beroerd met julle gaan, julle diewe! Hoe lank dink julle kan julle nog aanhou om mense te verplig om sogenaamde skuld te betaal sodat julle nog ryker kan word? Dinge sal nog verander, julle sal sien. Baie gou gaan hierdie mense by wie julle skuld invorder in opstand kom. Julle sal van vrees aan die bewe gaan as hulle julle begin aanval en julle in hulle mag beland. Julle het baie nasies besteel, nou sal van die volke wat oorgebly het, julle besteel. Hulle sal wraak neem op julle oor al die mense wat julle vermoor het en oor al die stede en die mense wat onder julle geweld moes ly.
HABAKUK 2:5-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Voorspoed verlei mense, en hoogmoedige mense kom nooit tot rus nie. Hulle is magshonger met monde wat groot oop is soos die dood. Tog stel niks hulle ooit tevrede nie. In hulle gulsigheid versamel hulle baie nasies en volke as gevangenes. “Die tyd kom wanneer hulle krygsgevangenes hulle sal koggel en verneder deur te sê: ‘Diewe! Einde ten laaste het die gereg julle ingehaal! Nou sal julle kry wat julle verdien vir julle verdrukking en uitbuiting!’ Julle skuldeisers sal skielik in woede reageer. Hulle sal op julle toesak terwyl julle bewend en hulpeloos is. Hulle sal alles buit wat julle besit. Julle het baie nasies beroof, nou sal hulle julle beroof. Julle moordenaars! Julle het baie landelike gebiede en ook die stede met geweld geteister.