Habakuk 2:5-8

Habakuk 2:5-8 ABA

Wanneer mense te veel wyn drink, dan is hulle nooit tevrede nie. Hulle dink hulle kan doen wat hulle wil. Die Galdeërs is ook so. Hulle is soos die doderyk. Hulle maak mense dood, maar hulle is nooit tevrede nie, hulle hou aan om mense dood te maak. Hulle maak al die volke vir hulleself bymekaar soos die dood dooie mense bymekaarmaak. Maar die volke sal eendag spot met die Galdeërs. Die volke sal vir mekaar sê: “Dit sal sleg gaan met mense wat hulleself ryk maak en wat goed vat wat aan ander mense behoort.” Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal julle Galdeërs se vyande skielik kom. Die mense vir wie julle bang is, sal julle goed kom vat. Julle het baie volke se goed gevat. Nou sal die volke wat oorgebly het, julle goed kom vat. Julle het baie mense vermoor, julle het oorlog gemaak teen al die mense wat in stede gewoon het.