HABAKUK 2:5-8

HABAKUK 2:5-8 NLV

Voorspoed verlei mense, en hoogmoedige mense kom nooit tot rus nie. Hulle is magshonger met monde wat groot oop is soos die dood. Tog stel niks hulle ooit tevrede nie. In hulle gulsigheid versamel hulle baie nasies en volke as gevangenes. “Die tyd kom wanneer hulle krygsgevangenes hulle sal koggel en verneder deur te sê: ‘Diewe! Einde ten laaste het die gereg julle ingehaal! Nou sal julle kry wat julle verdien vir julle verdrukking en uitbuiting!’ Julle skuldeisers sal skielik in woede reageer. Hulle sal op julle toesak terwyl julle bewend en hulpeloos is. Hulle sal alles buit wat julle besit. Julle het baie nasies beroof, nou sal hulle julle beroof. Julle moordenaars! Julle het baie landelike gebiede en ook die stede met geweld geteister.