HABAKUK 1:1-3
HABAKUK 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Uitspraak van die Here wat Hy aan die profeet Habakuk geopenbaar het. Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red? Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei.
HABAKUK 1:1-3 Die Boodskap (DB)
Die Here het Habakuk as profeet gebruik. Wat volg, is wat die Here vir hom gesê het. Here, hoe lank moet ek nog bly roep dat U moet help? Dit klink nie of U hoor nie. Ek kla by U omdat mense ons aanrand en doodmaak, maar U red ons nie. Hoekom laat U my hierdie verkeerde dinge sien? Hoekom verdra U dit dat mense swaarkry? Waar ek ook al kyk, lê dinge verwoes. Dit is ’n wêreld vol geweld. Oral stry en baklei mense.
HABAKUK 1:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gepraat. Die Here het vir die profeet Habakuk gewys wat sal gebeur. Habakuk het gesê: “Here, hoe lank moet ek nog bid? Hoe lank moet ek nog soebat dat U ons moet help? U luister nie na ons nie, U help ons nie teen die mense wat ons laat swaarkry nie. Hoekom wys U vir my dat mense verkeerd doen aan ander mense? U sien hulle kry swaar maar U doen niks. Ek sien hoe mense slegte dinge doen aan ander mense en nie reg doen aan hulle nie.
HABAKUK 1:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het. Hoe lank, o HERE, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie? Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.
HABAKUK 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Uitspraak van die Here wat Hy aan die profeet Habakuk geopenbaar het. Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red? Waarom laat U my die onreg sien wat gedoen word, waarom kyk U toe as daar soveel ellende is? Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei.
HABAKUK 1:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die profesie. Dit is wat Habakuk, die profeet, gesien het. Hoe lank nog, HERE? Ek roep om hulp, maar U luister nie; ek roep uit na U, “geweld!” maar U verlos nie? Waarom laat U my onreg ervaar, en leed, terwyl U toekyk? Vernietiging en geweld is reg voor my. Twis ontstaan en rusie neem toe.
HABAKUK 1:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die las wat die profeet Habakuk wel gesien het. O HERE, hoe lank sal ek roep, en U sal nie hoor nie! roep selfs tot jou van geweld, en jy sal nie verlos nie! Waarom maak jy my ongeregtigheid bekend en laat my 'n grief aanskou? want plundering en geweld is voor my, en daar is wat twis en twis verwek.
HABAKUK 1:1-3 Die Boodskap (DB)
Die Here het Habakuk as profeet gebruik. Wat volg, is wat die Here vir hom gesê het. Here, hoe lank moet ek nog bly roep dat U moet help? Dit klink nie of U hoor nie. Ek kla by U omdat mense ons aanrand en doodmaak, maar U red ons nie. Hoekom laat U my hierdie verkeerde dinge sien? Hoekom verdra U dit dat mense swaarkry? Waar ek ook al kyk, lê dinge verwoes. Dit is ’n wêreld vol geweld. Oral stry en baklei mense.
HABAKUK 1:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die boodskap wat die profeet Habakuk in ’n visioen ontvang het. HERE, hoe lank moet ek nog roep om hulp? U luister nie na my nie. “Geweld!” roep ek baie hard, maar U red my nie. Waarom laat U my die onreg en die ellende om my sien? Waar ek ook al kyk, sien ek vernietiging en geweld. Ek is omring deur mense wat daarvan hou om te stry en te baklei.